Thursday, 1 June 2017

teatrale leeftyd

ons vat 'n kortpad deur hillcrest 
wil die vrydag-verkeer in die hoofstraat omseil

ons bakkie spring in 'n systraatjie in 
my oog val op 'n groep van vyf of so mans
wat op die sypaadjie sit en met 
bedrewe gefokusdheid
lyfroom oor hulle hande en arms smeer

mans al op 'n ry
gee mekaar die bottel aan
 - die roombottel - 
glimlaggend seker omdat die naweek gekom het
rede om die droogte weg te smeer

die swart velle blink
die toneel speel so stadig en liries voor my af
dat die paar sekondes wat ek 
hulle aankyk vanuit ons spoedende bakkie
soos 'n teatrale leeftyd voel

No comments:

Post a Comment