Tuesday 3 May 2011

Lara "in the news"

The following insert comes from the Randburg Hoërskool's term newsletter:

OM TE DIG IS OM TE LEWE!
Die Afrikaanse Poësiewerkswinkel op 25 Maart 2011 was ’n baie aangename ervaring vir al die graad 11- en 12-leerders! Die besonder begaafde digter en musikant, Lara Kirsten, het elke leerder letterlik en figuurlik aan haar voete gehad! Sy het die leerders persoonlik betrek met klavierspel en die voordra van haar gedigte. Sy kombineer haar poësie met beweging, visuele kuns en musiek.

Lara het in die jare 2005 tot 2008 deur Suid-Afrika, Europa en die VSA getoer saam met die tjellis Francois le Roux en is in 2009 gevra om by die Voortrekkermonument in Pretoria, tydens die viering van die sestigste bestaansjaar van die monument op te tree. Die werkswinkel was van groot opvoedkundige waarde vir elkeen wat die voorreg gehad het om dit by te woon.

(Randjie nuus 21 April 2011)