Monday, 19 December 2016

spirit of the verse

i write my poem and fold it into phylacteries
carefully fastening the tiny black boxes 
onto my forehead and round my arm

this is to connect my poetical mind 
to my poetical heart
and all of me to the poetical god

the tefillin keeps me from straying 
and keeps my senses alert to
the spirit of the verse

Sunday, 18 December 2016

slegs die sillabes van my tong

ek nodig nie petrol
yster steenkool
hamers spykers 
pype of sement nie

slegs die sillabes van my tong
wat deur eeue gevorm is
om reg hier in my mond te land

ek het niks meer nodig nie
my mond is my fabriek en handelstasie

die hyskraan van my tong
die plooibare mure van my wange
die maalvlak van my tande
die uitlaatpyp van my keel
die ventilasie van my neus
en die trotse koepel van my verhemelte
wat toesig hou oor die polsende produksie-lyn

geen groter digtersjolyt!
met net hierdie enkele mond
maak ek my wêreld rond en bont

Friday, 16 December 2016

oorgawe

goue lyne kronkelend rondom die wolke 
sal die luidrugtige poësie 
in haar eie onbegrensde ritme spel 

die wolke is nie altemit die wasems 
van my voorvadergeeste 
wat my keelklanke toejuig 

'n sagte lig 
sal deur die donkerte 
breek

kom digkuns breek oop met oorgawe
sprei elke versmaat oop in die dans

en laat elke asem oopbreek in 
verblindende vonke

Wednesday, 14 December 2016

jy is nie alleen nie

iewers bulder daar stemme in 
jou bors 
jy is nie alleen nie!

jy sal altyd 
stukkies waarheid 
inasem
en stukkies droom 
uitasem

Tuesday, 13 December 2016

sout van die aarde

laat ek in plaas van soete drome 
jou soute drome toewens
want is ons sweet en trane nie tog 
van die sout van die aarde gemaak nie?
laat jy diep in die mineraliteit inswaai
en jouself vir eens verloor in 'n kinderlike oorgawe 
wat soos kristalpanne op jou vel sal uitslaan

Monday, 12 December 2016

groot-word

jirre waar kry ek hierdie
ongekende energie vandaan?
ek help en dra
sorteer en skuif
was en maak kos 
vee en skrop
sonder rebelleer
ek doen dit alles 
so gemoedelik
waar het my nukkerige streep verdwyn?
daai lus vir net lê
en net in my eie tyd my eie ding wil doen?

my lyf en gees is net so gewillig
is dit wat mens groot-word noem?

Saturday, 10 December 2016

reg hier in my maag

die hartseer bondel
in dik-traan-knope
reg hier in my maag

as ek net een gedagte te veel dink aan my pa
dan rimpel die weengolwe
tot in my keel en my oë 

ek verwonder my aan hierdie fenomeen
van hartseer 
wat in so 'n nat affêre kan ontaard

Friday, 9 December 2016

soos olie

die metafoor
dobber soos olie 
op water 
wat ek net nie 
afgeskraap kry nie

Thursday, 8 December 2016

in die skemering van die verlies

in die skemering van 
die verlies
is my keel nog troebel
van die wil-wil trane
die dae sonder jou hang soos
sugte aan die deurkosyne

dit is asof my selle nou weet
dat ek nie aan jou kan klou nie
iets in my het laat gaan 
die hunkering na 
jou fisiese aanwesigheid 
het 
so ietwat
bedaar

in die skemering van 
die verlies
is my hart stil
vlietende beelde van jou 
beweeg in my geestesoog
soos wolke in die wind

oralste lê leegtes van 
jou nie-hier-wees
ek kyk met 'n hartseer gelukkigheid na
die reën wat op die pompombome val
die aarde juig oor die breek van die droogte
maar my hart klem met die wete
dat jy nie meer die nat-aarde-reuk 
deur jou trillende neusgate insuig nie

in die skemering van 
die verlies
staan ek mymerend in 
die diep rivier wat 
die onafwendbare verhale 
van die lewe en dood om 
my ledemate fluister

Wednesday, 7 December 2016

burp

die geroesemoes van stemme sit
soos coke-borrels in my ore
die gas wil uit my mond ontsnap
met een moerse burp

Tuesday, 6 December 2016

spoonfeed my asseblief!

hulle sê spoonfeeding is nie die antwoord
in die opvoeding van enige jong verstand
maar ek vra mooi dat julle 
die digkuns vir my sal spoonfeed
maak seker dat elke krummeltjie
in my keelgat kom
geen vers mag uit my mond glip 
mag elke stukkie metrum styf aan my tande klou
maak seker ek sluk mooi sonder om te verstik
spoonfeed my seblief!
ek is bang my eie hande vermink
verdraai of verloor die woorde

Monday, 5 December 2016

vir Rika

haar borskas staan bont van al die harte wat sy daarbinne dra
sy het skaars plek vir haar eie klein hartjie
sy maak nie net haar hart oop vir jou nie
sy groei sommer 'n nuwe hart spesiaal vir jou
niemand weet hoe sy dit regkry
dit gebeur sommer so spontaan

sy het 'n tenger lyfie
maar kyk net watter groot skaduwee sy gooi
vir enige een wie skuiling of beskutting soek
sy het skaars plek vir haar eie klein hartjie
tog bly sy die honger en verlore harte
in die nessie van haar bors koester

mense-harte is swaar goete
en sy het nie altyd krag
om hulle te bly dra nie
maar nooit gee sy moed op 
of draai haar rug op jou
haar omgee is net te groot

as jy haar dalk in die straat mag raakloop
neem haar hart en al haar ander harte 
en dra dit vir 'n ruk vir haar
laat sy weer 'n ligtheid kan ervaar
en net weer die eenvoud
van haar eie lyf kan voel

Saturday, 3 December 2016

vulpine

i want to write 
a vulpine poem
              that sneaks  
     into 
the darkest                     crevice 
      without 
being spotted
                        sniffs
                        at 
all the corners of
              delectable flesh
keeping silent and                         sneaky 
as much as its wild bristly hair will allow

i want to write 
a vulpine poem
that        treads           so            soft
that the only              trace that 
will be discerned
is its                   feral aroma 
clinging 
   to 
the 
   shadows

Friday, 2 December 2016

laat ek myself verdrink in 'n rymelary

laat ek myself verdrink in 'n rymelary
dit sal hopelik my my sinne weer laat kry
ek skud die vere in my kop
hierdie verstarde gevoel moet nou stop

ek hoes en ek proes, ek gil en ek lag
al springend en tollend met alle mag
sodat die vasstekende woorde in my keel
sal losglip en hierdie gedig se lot sal seel

die potlood bly nukkerig
die hand voel rukkerig
o toggie, my kiewe begin vaal-groen te verkleur
want daar is geen muse-sap êrens te bespeur

my hart is gretig
my breinselle besig
maar niks kom vorendag
net hierdie nimmereindigende gewag

Thursday, 1 December 2016

thaumaturgy

i learnt a new word today
thaumaturgy
a most beautiful word
the act of performing marvels or 
magic or miracles 
especially by incantation
i know fully that one can churn and stir magic with
mouth and word
the sinking of the teeth into each syllable
the licking of the lips to renew the moisture of
excited lips in poetic speech
the throat thrusting at the utterance of a metaphor
the tongue whirling wildly in the conjuration of wonders
the rhythmic pull tugging the strings of your soul
the heart that can not beat fast enough
to keep up with the ephemeral words in flight
what joy to the mouth 
to elocute thaumaturgy
what bliss for ears to receive these intonations
and stir up images and dreams
desires and realities
fears and shames 
strengths and triumphs
i will keep on saying thaumaturgy
type it out again and again so that my fingers 
can feel each letter with eyes closed
t h a u m a t u r g y 
t h a u m a t u r g y 
i will utter it over and over so that each syllable
spell the magicality of the word
and let me never forget that there is magic 
in the spoken word
marvelosities in the poetic phrase
and never stop believing that one can perform miracles 
with the softest whisper of a single potent verse

Tuesday, 29 November 2016

those with wings

ladybirds bleed from her heart
hundreds of them morass inside her chest

their flecked wings start to stir
and readies themselves for take-off

her heart has no choice
it clings to the ladybirds' rising legs

nothing can stop the flight of her heart
and the hundred wings

her sternum breaks open
and her rib cage cracks and splinters

those with wings
will fly free

poetry

poetry is the internalising of
the external
and the externalising of 
the internal

Monday, 28 November 2016

op my tong tik daar 'n taal

op my tong tik daar 'n taal
wat iets in my siel wakker maak
laat ek vir 'n oomblik indink
hoe dit sou wees om taal-loos te wees
my hart sal dor en dof wees
die verveling sal my kieste opdroog
dink net hoe gesprekke, grappies,
woordspelinge en gedigte ons mense so opgewonde maak
daar is iets so lewe-gewend aan taal
'n goeie gedig is dikwels lekkerder as
'n lekker ete
mens se kieste, kele en tonge honger
na die verrukking van woord

daar is iets so gierig in my om
woorde myne te maak

dankie evolusie vir taal!

Friday, 25 November 2016

tenger skaduwee

as ek my tenger skaduwee sien val 
teen 'n muur of die grond
dan is ek verbaas hoe hierdie lyf van my
soveel dinge in die lewe kan takel en oorwin
die dood en hartseer
ontheiliging en skending
berge en vrees
skaamte en spoke

soos

soos die wol-steke van 
'n breinaald 
afval
so val die weenklanke 
 - so ongesiends en onseremonieel  - 
uit my keelwand

Tuesday, 22 November 2016

soos 'n soutpot

ek skud my kop 
soos 'n soutpot in klam weer 
jirre ek voel poësie 
vasklou in elke sel van my kop 
daar is 'n swerm verse 
wat in die rafters van my skedel 
sit en nesmaak 
ek skud en skud my kop
sodat die sout van 
my digterlikhede my beendere 
met net die regte hoeveelheid 
essensiële minerale sal voed

Monday, 21 November 2016

hoe kan ek?

hoe ek ookal spring
en my kop rond en bont skud
my brein wil net nie van posisie verander

hoe kan ek out of the box dink
as my brein nie 'n enkele sentimeter in my skedel
kan omwentel nie?!

my brein wil ek binnenste-buite tiep
die idee's moet waterval van onder na bo
en alle natuurwette oorskry
ek wil my brein uittrek in lang elastiese stukke en
in bolle rol soos stringe kougom
ek wil my tande insink in my brein soos 'n perske
dat die idee's soos soet-somer-sap uit my brein sal spat

hulle sê my oë is die vensters van my siel
maak hulle wyd oop sodat
die gordyne van my sielsbrein
los en oop kan waai

Friday, 18 November 2016

seëvier

ek sit in 'n vliegtuig
en net hier agter my sit 'n jong vrou
en gesels oor die trefkrag van die rymende koeplet
hierlangs my begin 'n swart man te klets oor 
die metafoor waaraan hy timmer en skaaf 
en waarmee hy eendag die wêreld gaan oorneem
voor my sit 'n gryskopman en bespiegel oor
die medisinale gebruike van sonette
en wat die beste manier is om dit in te kry - 
snuif, inspuit, sluk of rook?
oorkant die paadjie sit 'n Indiër man 
en wonder hardop (met sy oë toe) hoe sy ragas 
gaan klink in kombinasie met die resiteer van 'n handvol haiku
die lugwaardin loop verby met haar trollie
en bied aan 'n keuse tussen komplimentêre limerieke en odes
deur die luidsprekers breek die vlieënier se stem 
en in vrye vers besing hy die wondere van vlieg

slaap ek dalk? ek knyp myself aan die dy
want ek kan dit nie glo -
wat 'n digterlike vlug!

die volgende oomblik staan ek vrymoedig op
vokaliseer hardop my mees onlangse gedig
waai koebaai 
en spring uit die naaste nood-uitgang
 - sonder valskerm -

as die poësie so seëvier
dan sal ek verseker vanself ook kan vlieg

Thursday, 17 November 2016

die gedig moet tjank

ek wil die gedig nerf-af stamp
ek wil die gedig se murg uitsuig
ek wil die gedig se skeen-been tref
ek wil die gedig se weenklaag uit haar keel trek
die gedig moet tjank en kerm en ween 

my woorde en besinning maak my 
so in beheer van my emosies klink
kan hierdie gedig nie net al die trane 
in die wêreld vir my huil nie?!

Wednesday, 16 November 2016

bloody bites

mosquitoes of metaphors keep biting my ankles
frenetically i scratch the itch
but alas the metaphors fly briskly away
leaving only their bloody bites

Tuesday, 15 November 2016

ever shifting shadows behind a restless sun

there are these whiffs of metaphors 
that i can smell with my eyelashes

fleeting inklings of love 
flit like shadows 
across the forest floors
haunting my ankles
but never letting me catch them -

the sun moves too quick 
to make stagnant pools of 
shadows 
or love

Monday, 14 November 2016

die wat vlerke het

liewenheersbesies bloei uit my hart
honderde van hulle moeras in my bors

die spikkel-klein vlerkies begin ritsel
en maak gereed vir opstyg en vlieg 

my hart het nie 'n keuse nie 
sy klou vas aan die besies se rysende pote

niks kan die vlug van my hart
en die honderd vlerke keer nie

my borsbeen breek oop
en my ribbekas splinter en spaander

die wat vlerke het 
sal vry vlieg

Sunday, 13 November 2016

tussen my tone

soos dik nat klei kom die dag
voortgespruit tussen my tone
altyd tussen my tone
asof die daadwerklikheid slegs kan realiseer
met die filtrasie deur my tone
my tone krul en strek
en so kriewel en sprei die lewe tot 
in jubelende wakkerte
deur my hele lyf

Saturday, 12 November 2016

Friday, 11 November 2016

simple humanity

i do not want sympathy
understanding
or compassion

just simple humanity

humanity for me means
a certain tolerance
acknowledgment
adaptability
reaching out
and
kindness

Thursday, 10 November 2016

humanising

in a strange way i celebrate these times
because of its intensely humanising effect on me
yes, it is painful, sad, violating, severing
but more than humbling
it is humanising
making me feel everything there is to feel
to call myself a human

Wednesday, 9 November 2016

die wond bly oop

die wond bly oop en bloot
geen kans word my gegun
om dit tot stolling te bring

die bloed bly loop
ek het nie meer die hart om 
te treur oor my pa nie

ons moet nou krisis-beheer uitoefen
by sy ingebreekte huis
gebreekte slotte en hekke

die wond bly oop
geen kans tot stolling
wat het van my hartseer geword?

dit is onenergieke poliesmanne
cut to the chase insurance assessors
en baatsugtige bure wat net tafels en heaters en verf wil gryp

sakke en bokse van my pa se goed
wat ek met 'n teesinnigheid uitdeel
vir die hospice en spca

trek hou met al die nuwe slotte
verlig maar halfhartig die housesitter
die huissleutels oorhandig

want ons het geen keuse meer nie
die huis gaan van alle trots beroof word
die wond kan nie net so oop bly nie

closure 
ordentlike closure 
moet gevind word

making sense again

today I came across 
a green insect that 
i have never seen before -

the wings perfectly gridded in 
the likeness of the veins of a moist 
and chlorophylled leaf

on the windowsill he sits unmovingly
surrounded by harsh brickwalls 
and a cold staircase

his keen greenness and 
trembling antennae 
spelling his acute aliveness

to me he looks alone and lost
what will he be sensing 
of his fate?

we can't resist to interfere 
and move him 
under the shade of a tree

without fuss he melds with 
his surroundings -
making sense again



Tuesday, 8 November 2016

richter-skaal

my gedigte is my richter-skaal
wat al hierdie hart-bewings
in my hart-kors in fynste kallibrasie meet

deesdae is die telling maar moer-hoog
my sinapse word oorvloed
deur tsunamis 

die wolkekrabbers in my gemoed
pletter neer in
absolute ontmoediging

die vensters van my siel breek oop
en ontbloot 
al my denkbare ongenaakbaarhede

die sikone spiraal my hart in een stywe knoop
wat god-weet-wanneer
ontknoop gaan word

Friday, 4 November 2016

leidrade

deur jou pointillisme tel ek leidrade 
op van jou binne-oog
en probeer pyl wat jou aan die gang gehou het
die helder kolle netjies afgedruk met 
jou selfgemaakte tools
gee niks van jou donkerte weg nie

Thursday, 3 November 2016

evocation

in the early morning hours
i stir from sleep
the grumblings of the city slices through my skin
i pick up a poetry book by ted hughes
try to find traces of his manhood
giving away some signs of the pull and influence 
over his departed women

Wednesday, 2 November 2016

klipwee

        meanings that will not part from the rock - Ted Hughes

hoeveel weke nou in die stad
en my oë soek elke greintjie van klip 
en onbewoonde klip-koppie uit
daar is so 'n sterk hunkering na 
'n diepe indompeling in
die klip-natuur

dit is 'n skaarse ding hier
want sement en staal floreer 
en tentakel onderhands 
elke klip-porie

as daar so iets bestaan soos heimwee 
dan moet daar seker ook klipwee wees - 
'n wilde waansin om in aanraking te kom 
met suiwer onopgesmukte klip
daai onstuitbare honger na 
die 
genadelose 
opregtheid 
van 
klip

stone-sickness

       meanings that will not part from the rock - Ted Hughes

how many weeks now in the city
and my eyes are searching for every grain of stone
and uninhabited rocky hillock
there is such a strong yearning for
a deep immersion into
stone-nature

it is a scarce thing here
for cement and steel flourish
and tentacle insidiously
every pore of stone

if there exists something like homesickness
then there must surely be stone-sickness - 
a wild madness to come in touch with
pure unadulterated stone 
that irrepressible hunger for
the 
merciless 
genuineness 
of 
stone

Tuesday, 1 November 2016

Mountain Man

    for Kim  

Out there is a man who loves the mountains 
In his eyes I see reflected the glinting grit of quartz  
In his feet flames the heat of deeply sunken volcanoes 
From his shoulder-blades flare out wings fashioned out of the mountain winds 
In his hands he holds the healing mists of the valleys 
Down his spine cascade the waterfalls of emerald green gorges 
Through his veins ripple the spirits of the berg rivers
In his thighs shake the magnificent thunderstorms 
On his forehead trembles the fierce energy of the high peaks 
In his heart beats the pulse of the earth 
keeping him ever tuned-in to the wild nature of the mighty mountains  


... and this man I love 
he keeps reminding me of my love 
for these wild and free places










Monday, 31 October 2016

nou kan jy terugkom

jou huis is nou uitgesorteer
die kamers staan oop
die warboel van jou huisdinge 
is opgeklaar 
die ruimte lig
die bome gesnoei 
die paadjies skoongevee
ons het dit spesiaal vir jou gedoen
nou kan jy terugkom
met 'n oop gemoed
en weer van voor begin

alleen

ek ontdek hierdie gedig wat ek vandag, 31 Oktober, twee jaar terug geskryf het oor my pa, Louis <<<

die dag wanneer jy uit jou vader
se eie mond hoor hoe alleen hy voel
dan breek die spier in hou hart
soos splinters van 'n deurgekapte boom
ek voel hoe die woord ‘alleen’ deur my ore sny
ek is ver van hom
wat kan ek doen?
ek is ver
tog kan ek probeer om meer te gaan aanklop
maar dit gaan nie die alleen weg vat nie
daar draai ‘n stywe knoop in my keel
moet ek hom jammer kry
moet ek hom meer bel
meer sms
‘n boek pos
of ‘n bottels konfyt aanstuur?
niks sal die alleen wegvat nie
hy is alleen
punt
hy smag vir die saamwees van mense
die mense wat op sy grond trap
wat opinies het
wat dit uiter
wat hom maak lag
wat hom die moer in maak
wat hom na mense toe laat aantrek
en wat hulle net so kan afstoot
hierdie pa van my
hoe gaan hy daai alleenheid kan hanteer
in sy groot jas sit hy agter boeke
knus ingedruk tussen sy agt kussings en swart kombers
die drie worshonde is sy geselskap
so ook sy bome
sy orgidieë
sy mure
sy kenwood
sy mikrogolf vul al die alleen-spasies
stu hy homself teen die wit mure van sy huis
staan regop
huil
en skree
en lag
en maak die deure oop
bevry jou siel
praat hardop
sit maria callas full-blast
vir die hele neighbourhood om te hoor
praat met ander
bel
verf op jou skilderdoeke
tob maar asseblief nie te veel
kuier
haal asem
diep
in en
uit
en voel almal voor en na jou in die lug al om jou
jy is nie alleen
jy het die voor-en na-vaderse geeste wat jou besoek
vermaak hulle met jou fisika
met jou spiekragtigheid
met die volkleurigheid van jou bloed
gooi hulle met die skreeu van jou stem
die bulder van jou bors
EK IS NIE ALLEEN NIE!

Sunday, 30 October 2016

bedtime poem

groanings from the throat of the city
peeling its stories
like cracked sun-baked paint

breathing in the dream
breathing out the real

Saturday, 29 October 2016

oer-dreuning

daar is 'n dreuning
'n oer-dreuning in 
my bewussyn

wanneer my kop nie daar en oral is nie
maar reg hier
diep-gegrond en wakker

dan sien en voel ek
die ganse kwiksilwerende 
swier van bestaan

my bewussyn dreun saam met 
die polserende resonansie
van die woude en oseane

ek verbeel my kleine binne-ritmes 
sinkroniseer vir 'n oomblik met 
die grootse buite ritmes 

my lyf en verstand juig 
in 'n stille vreedsaamheid oor 
hierdie vlietende samevloeiing

 Tsitsikamma, Suid-Kaap

Friday, 28 October 2016

digters-sif

ek vat die blou drukkie-klikkie potlood 
wat my ma nou net ingebring het om 
geldsake te bespreek 
en ek balanseer die potlood
tussen my vingers en my kop dwaal af
en luister niks wat my ma sê nie

ek kyk hoe die potlood die spasie inneem
die verhouding tot ander objekte en kleure
wat is die funksionele, filosofiese 
en antropologiese betekenis van 
hierdie potlood in my hand

ek weet my ma en vele ander dink hoegenaamd nie 
so omtrent die beskeie ou potlood nie

my kop flits gedurig in daai denkspasie van digtatorika
elke woord en objek en gevoel gaan deur my digters-sif 
en ek weeg, mymer en bepeins dinge 
in relasie tot die wêreld
tot my sintuie
en ek moet dit in woord omskep

die ordening van al hierdie eksistensie in digterlike sin
gee my kop betekenis vir leef

Thursday, 27 October 2016

moedershart

ek lê kaal op my rug
met my blou skryfboek
oop op my borskas
en my potlood wiegend 
in my hand
ek verbeel hoe my borste
met melk begin uit-dein
en my vars-gepende woorde begin voed
sodat elkeen vet en gesond
kan styg uit die papier

maar
voordat ek my woorde op hul eie
die wêreld laat inloop
hou ek hulle vir een laaste keer
styf teen my bors
sodat die klop van my moedershart
helder in hulle ore kan klink
dat wanneer hulle my 
eendag gaan opsoek
hulle my koors-stigtelike pols sal herken
en jubelend in my arms sal hardloop

mother's heart

i lie naked on my back
with my blue writing book
open on my chest
and my pencil cradled 
in my hand
i imagine how my breasts
begin to surge with milk
and start to feed my freshly penned words 
so that everyone of them 
can rise fat and healthy from the paper

but
before i let my words loose
into the world
i clutch them firmly for one last time
against my chest
so that the beating of my mother's heart
can sound brightly in their ears
that when they will look me up one day
they will recognise my feverish pulse
and jubilantly run into my arms