Saturday 19 September 2020

onfraai

die ongeoefende letters
wil onfraai
oor die papier wals
ongeskool wil my tongskubbe
deur die getye gly

Friday 11 September 2020

agterdogtig

wat het geword van die dae
wat ek digkuns gedrink, sweet en droom het?
ek het my diepste asem daarin gevind
maar nou is ek so agterdogtig
is die digterlike bedoeling
waarlik opreg?
'n akkurate versinnebeelding van
die hartmosfeer?

so 'n wankelrige brug met helfde van
die planke weg
die draadwerk skiet
uit die wal
die metafore val uit en
deurmekaar
die dieptes in

vanwaar gaan my hulp kom?

Sunday 6 September 2020

wie

laat my glo in
die laaste druppel digkuns
wat op my tong lê

wie gaan dit kom oplek?

Tuesday 1 September 2020

ek dans meer as wat ek skryf

die eerste keer vir alles - 
ek skryf hierdie gedig terwyl ek luister
na 'n funky dans remix van Diana Ross
se Love Hangover

ek dans meer as wat ek skryf

die refrain herhaal oor en oor
i don't want to get over this
i don't want to get over this

al my scatter matte op my woonstel 
se teëls omgedolwe deur my voete
wat ook nie die gevoel wil stop nie!

so ook die scatter verse in my gedig
wil nie sit of lê kry
nou ja, hulle moet maar opspring en saam dans...