Friday 30 October 2015

nucleus

Here is an English translation of an Afrikaans poem I wrote a year ago. It is one of those poems that came pouring out in one sitting. I love re-reading and performing it. I have been reluctant to post the translation, simply because I prefer the Afrikaans version. Anyway, let me put the translation out here as well <

nucleus

there hides a desire in the depths
that quietly waits  - dormantly ecstatic
it is haunting how the spark
begins to tremble with the anticipation of the arrival
of the creative tornado
the soil is rich
look how we pour the deeply-sunken metals
from the primordial crucible
my clay-body resonates with the volcanic eruption
with this blood that does not stop flowing
throbs the pulsation of the imminent celebration
the crests of the waves hang for a few moments
longer in the silver shine of the sun
my hair stands on end
from all the voices that encircle me

so full of life is organica
so many waves in each day
so much mercurial spinning in the brain
the search for satiation knows no end
the heart keeps on whirling even when the void comes knocking on the door

the ground gets cold in the winter
the tracks are blown away
yet the life keeps on quaking
the primordial becomes older
the incantations become more contrapuntal
and the limbs become swifter
in these days that grow wings so rapidly

the elements are merciless
how they break down the skin
still the pulse remains deep and strong
the willpower is undaunted
in the fight against the shame
against the fear
against the flesh
and
against the dark

every morning my spine thaws
and truly, it is my wings that keep on stirring
right into the primordial nucleus
of sensation of the embryonic darkness that
luckily has enough throat
to groan with the stubborn will of flight

Wednesday 28 October 2015

hoe

hoe dig 'n mens vanuit die denklose plek
daar waar dit net suiwer spontane metafoor is 
wat roekeloos uit die keelgat lek
en in filigraan lettergrepe
stalaktities in oorbuise drup?


how

how does one poetize from the thoughtless place
there where it is only pure spontaneous metaphor
that leaks recklessly from the throat
and in filigree syllables
drips like stalactites in ears?

Tuesday 27 October 2015

kunsmatigheid

ek sit in die kar
en elke stukkie materie wat my omring
breek in duisende atomiese partikels in     my      kop           oop

glas
hout
plastiek
rubber
papier
lap
wol
metaal

los op voor my oë
en ek is

skielik

in ‘n wêreld waar daar
niks
mens-gemaak-geweef-gesmelt is nie

ons word gebore in soveel kunsmatigheid
al is dit alles hoe
beskaafd
behaaglik
en
beskermend
kan ek myself nie keer om te verbeel
hoe dit sal wees om
sonder
enige van hierdie
lae
mure
deure
skilde
en
pantsering
te leef

hoe sou ons sintuiglikheid
dan reageer en ontwikkel het?

Monday 26 October 2015

selfbeeld

om my identiteit so vol
te trap met self-kennis

ek betwyfel daai ding wat mense sê 
dat jy nooit jou eie selfbeeld
totaal kan insien nie

daar is oomblikke wat ek my essensiële selfheid
so skerp snap
daai volwaardige begrip van myself
maak my so in my noppies voel
al is daai self-sien hoe vlietend
het ek dit al so diep en eg ervaar
dat ek oortuig is dat ek niemand anders 
wil
wees 
as 
ek 
nie

Sunday 25 October 2015

as dit dan ‘n saak is van perspektief

vermenigvuldig my oë tienvoudig

hang elke oog van 'n ander                 
hoek
         en
                                              afstand

van
my                                           brein

om buite – waarlik                              buite –
myself te kan sien

dan eers sal my horisonne

V    E    R    B    R    E   E    D

v   e   r      l        e          n                 g
       
vergroot

en
uit  
hulle

nate
B ! A ! R ! S!

asseblief! kan ek in een enkele oogopslag
die wêreld veel-ogig betrag
sodat al my oë helderdenkend dronk word op
'n oomblikse begrip van 
die eksistensiële legkaart

Saturday 24 October 2015

onbeskaamd

met my rug ingevou in die hoek van die rusbank
en bene wawyd oopgestrek
voel ek ongereserveerd en sorgloos 
ek kan nie help om myself te verbeel
binne die swellende lyf van ‘n verwagtende vrou

die hitte is net-net draaglik
ek gee nie om wie my hier sal teëkom in
hierdie onvleiende posisie
ek sit met ‘n self-vertroue gemak
ek het net my wit romp aan
geen hemp
my hande gemaksugtig langs my sye
en my borste doodluiters turend tot
in die uithoeke van die studio

dit is ‘n bemagtigende gevoel 
hierdie vrymoedigheid van lyf op ‘n somersdag
‘n non-chalante bewussyn van my vrou-wees
sonder om myself te verklaar verduidelik of bewys
my vel en been kan nie anders as om te ululeer 
in hulle onbeskaamde aanwesigheid

Friday 23 October 2015

inkarnasie

die leerling-haarkapster
staan agter die kop van ‘n mannekyn
en kam die vals blink hare
in verskillende paadjies
ek staar van buite die salon se glasvenster
en bepeins die mannekyn se grynslose stilte
ek kan nie ophou kyk
want met elke gekalkuleerde kam
oor die bloedlose kopvel
kry ek rillings wat oor my eie kop dartel
vir daai starende oomblik
word ek geinkarneer in die mannekyn se lyf
sy kan nie help om die hoeke van haar mond
in ‘n glimlag te lig 

Thursday 22 October 2015

telly death-stare

daar is ‘n dood in die telly
‘n dood wat die kykers
verstrak en verdoem tot
die telly death-stare

met daai totalitêre ligstrale
amputeer hy bene en arms
breine word uit skedels gesuig
wange raak hol       monde hang oop

die histerika van die telly
tentakel die oë
totdat alle skerpsinnigheid
verlep tot verminkte weerloosheid

Wednesday 21 October 2015

hallelujah

ek luister na hallelujah
soos gesing deur jeff buckley
en my regter voetsool gloei asof daar ‘n vuur naby flikker
my hartspier huil trane dikker as bloed
ek kou die potlood met ‘n melankolie in
hierdie vrydagmiddag oktober hitte
die wit gordyne beweeg so lig
soos eens die plooie van my ouma
ek vang hier ‘n oomblik van rus in die tornado van die dag
met ritte op taxis busse en treine
tussen my ouerhuis in turffontein en my alma mater in pretoria
borduur ek herinneringe op ‘n enkele warm spoor
ek kan nie help dat die nat van my trane selfs in my ore gaan sit
ek wikkel my pinkie in my oorholte
herrangskik die was tussen die trane
om plek te maak vir die oorfone
want hierdie hallelujah wil ek nie vertroebel 
ek dink terug aan die laaste 24 uur se emosies
en ek word skielik opgewonde toe ek onthou ek het
anne sexton se volledige gedigte gistraand gekoop by
protea boekwinkel in burnett straat
ek het paar gedigte kon lees op die trein terug jozi toe
en die vrede van die warboel emosies
het kom stil sit in my oë wat anne se sinne verorber
aai om gedigte te lees is soos bid of mediteer
al is die kop aan’t raas en die hart seer
het gedigte ‘n manier om my aarde toe te bring
en lig om my tempels te laat kring

Tuesday 20 October 2015

dink hardop

i

die dae is vol van bome en blomme
en reuke en stories en stemme
en kilometers en afstande wat nader gebring word
winde wat waai
hart wat amper wil breek van so baie

ii

die hele tyd op pad wees
beplanning vir dit en dat
dagboek skryf
gedurig na horlosies kyk
dit maak my mal

iii

ek verlang na die stilte
in water
stilte bo op die drakensberge
stilte in die veld
stilte van ‘n stil hart

iv

as ek kon ontslae raak van al hierdie afleidings
hoeveel spasie sal ek dan in my kop
en om my hê
om myself totaal toe te wy aan my kreatiwiteit

v

die verligting as my lyf en my longe
stilte en kans kry
om weer dieper asem te haal

Thursday 15 October 2015

eenvoud *

ek lê onder die oorhang van die grot
drup-drup water uit die klip en bons op
die blare van ‘n jong stinkhoutboom
en spat ‘n sproei-reën op my oop gesig
sneeu lê op die pieke en hange van die Malutis
sien ek teen die kille bloue winterlug
‘n helende son
niks kom naby die eenvoud hiervan

geen intellek
geen fancy woorde
geen stadsgeriewe
geen vaartbelynde voertuie
geen argitektoniese vernuf
sal ooit blinker skyn as hierdie
water klip boom lug en son

*Hierdie gedig is gekies om deel te vorm van die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology van 2015.

Tuesday 13 October 2015

for the sake of my sanity

for the sake of my sanity
let my wild femininity fly again
unclasp my fists
lift my buttocks from their sedentarifications
i can't grow wings if i sit all day
throw away the laptop, phone and chair
lift my head
lift my arms
unscrew my spine
expand my lungs
greet the sun with celebratory incantations
and salute the soil with 
unbridled 
      leaps
of 
            feral 
                            dancing

Saturday 10 October 2015

volle vlesigheid en aanwesigheid

jy lê plat op jou maag
met jou kop wat eenkant toe kyk na waar
jou arm net duskant jou kop lê
en skielik sien jy jou
arm
heeltemal apart van jou lyf
asof jy vir die eerste keer 
waarlik
‘n arm sien
die vel
die haartjies
die bultende are
die spiere
die sproete
die porieë
en
die plooie
die volle eksistensiële gewig van jou arm
tref jou tussen die oë
jy voel ‘n oomblik van dankbaarheid
vir hierdie waarneming waarvoor jy jouself oopgemaak het
so ‘n diepe seëning hierdie teenwoordigheid van
jouself binne in jou vel
die volgende oomblik staan jy op
jou arms voel los en koel
jy kan nie wag om iemand te gaan omhels met
die volle vlesigheid en aanwesigheid
van jou arms nie

Friday 9 October 2015

van die grond leer sy

van die grond leer sy die ritme van wind en water 
grond waaruit vrou klim om haar vel ten volle te voel 
grond sing haar lyf uit elke hoek en porie 
tril die vrugbaarheid van grond regdeur haar voetsole 
grond is bly om te voel hoe diep vrou haar spoor trap
sy druk haar lippe en bors ferm teen die aarde 

voel die vibrasie van minerale krag 
sy weet dit is 'n mite dat sy getrek is van die rib van man 
haar binnenste sê vir haar dat sy gegiet is vanuit die rugstring van berg  

from the soil she learns the rhythm of wind and water 
soil from which woman climbs to feel her skin fully 
soil sings from every corner of her body 
trembles the fertility of soil straight through the soles of her feet 
soil is happy to feel woman treading her spoor deeply 
she presses her lips and chest firmly to the earth 
feel the vibration of mineral strength 
she knows it is a myth that she was pulled from the rib of man 
her gut tells her that she was forged from the spine of mountain 

Thursday 8 October 2015

wanneer ek eendag doodgaan

I

wanneer ek eendag doodgaan
wil ek hê my lyk
moet op die oop veld lê

hoekom moet my liggaam veras of begrawe word?

dit is mý lyf
en al gaan sy dood
kan niks of niemand my ekheid van haar wegvat nie

hoekom wil mense so gou van lyke ontslae raak?

los my lyk ver van mense se aanskou
laat ek in die hittige son van Afrika
disintegreer en in my eie tyd
een word met die grond

II

as iemand op my beendere afkom
vat dit en string dit op in 
‘n marionet waarmee kinders en grootmense 
na hartelus kan speel

want selfs in die dood
wil ek nie ophou dans

Wednesday 7 October 2015

uit primordiale modder

uit primordiale modder sif ek ledemate, boude en dye 
brei ek die spiere van my lyf  
met die klei van die aarde  
dat wanneer ek tot niet gaan  
die grond my lyf makliker kan herken en verstaan
en sonder moeite my selle kan verteer  
en my siel tot in die hart van die aarde kan assimileer 

from primordial mud i sift limb, buttock and thigh 
blend the muscle of my body  
with the clay of the earth  
that when i perish  
the soil will easier recognise and understand my body  
and can effortlessly assimilate my cells  
and absorb my soul into the heart of the earth

Tuesday 6 October 2015

my verse raak hoog op suurstof

een versreël is gelyk aan een inasem
ek wonder hoe die ekstra diep asem my sinne beinvloed
puur en suiwerder
of net oombliklik meer hoog op suurstof?
ek lag in my longe
hierdie diep asemteue
laat elke lyn so lewen-dig voel
geen tyd vir tob of wonder of karring nie
slegs uit die kop en hart skryf
sonder huiwer
sonder stop

sal meer suurstof my ‘n beter digter maak?
is hierdie gedagte maar net ‘n vlug van ydelheid?
alweer hoor ek my longe roggel van die lag
meer as my kop doen die pen die werk
hy moet byhou met hierdie griffel

in een asem kan ‘n mens net soveel skryf
vloei vloei vloei die lyne uit
golwend begin die kop en longe saamwerk
so harmonieus
dit is soos improviseer
net een kans vir een lyn
goeie oefening soos cardio vir die kop

probeer jy self een lyn te skryf op een asem
nè, nie so maklik!
die asem wag vir niemand nie
hou nie vas aan ’n idee nie
soos die maan nie uitstel sloer of talm
maar net aanhou die getye om die aarde stoot
so sal ek met die ryke voorraad van suurstof
my gedigte deur ore en harte ryg

Thursday 1 October 2015

donder en weerlig

donder en weerlig speel opera-opera
op die verhoog van die Midlands
dit is so aangrypend
al ons klein menslike dramas verval tot 
niks 
in aanskou van hierdie klank en lig-skouspel

daar is etlike plekke op aarde waar
ek so getoor voel
daar waar die elemente en natuur so gelaai is
ek voel die donker misterie en
die wakkerheid in die atmosfeer

ek voel my kwesbaarheid teen
die agtergrond van hierdie magiese natuur-vertonings 
tog mettertyd voel ek die salige bemagtiging
in hoe die kleinheid van my lyf 
uitstyg en strewe om
die grootsheid van my siel vol te staan

donder en weerlig maak my nie bang
dit maak my hart bol staan
van 'n oer opwinding

so ‘n senutergende skouspel stroop my kop
van afleidings en projeksies
as ek nie teenwoordig  is in
hierdie drama getiteld “lewe” nie
sal die elementele rekwisiete
die huidiglikheid diep in my huid in ruk en
my so teenwoordig, wakker en
op aandag binne
hierdie heilspellende hede sal laat staan
dat ek oombliklik sal sien hoe
alles om en in my
elektries
lewend
dig
word