Monday 25 May 2015

houvas

in die middel van die aand
pluk die herinnering van ‘n melodie
my uit my slaap
vul die donker met klank

vlugtig verf 
die harmonieë
die siel 
vol kleure

musiek word 
deur baie hande gemaak
maar geen waarlike houvas 
het ons ooit

Sunday 24 May 2015

die son op ‘n wintersdag

dis waarna ek die meeste uitsien op
‘n wintersdag – die son
helder en smettelose strale wat hang in die lug
en tot op my voorkop pyl

my lyf hou nie van koudkry

ek sal
die wolke
wegdolwe
om
by
die
warm
skyn
van
die
son
uit
te
kom

Friday 22 May 2015

glinster visse

ons siele 
word soos 
glinster visse
deur 
die fyngeweefde nette
van 
musiek 
gevang

Thursday 21 May 2015

die klank wat my siel maak

in hierdie winter klimaat 
droom ek van 
warm gedagtes wat 
my hele wese 
sal 
oorneem

ek swem in 
die klank wat 
my siel maak
swem vooruit totdat 
ek in 
die klank 
wat jou siel maak 
in swem

ons harte maak 
geluide wat ons 
van 
mekaar 
laat 
hou

Wednesday 20 May 2015

phenomenon

within the hollows of the harmonies
i can hide away from
the fraughtness of the times
the brisk energy that lights from
the notes and fingers is contagious

it is in a great eagerness
that i wait for the arrival of these sounds
everyday i peak my ears
ready to fill my soul with
all forms of resonances

so many running notes to make
a confluence of reverberations

in a moment of silence it stuns me
that our ears and minds
can keep up with these flighty tones

as i absorb each nuance
i gasp and shiver
with this phenomenon
called
music

Monday 18 May 2015

ril

ek wil so diep my hartklop 
binne-in die boom laat resoneer
dat die arboriale hart 
die onblusbare mens-pols kan voel 
en 
tot 
sy 
hoogste 
blare 
sal 
ril

Sunday 17 May 2015

selfie

die herontginning van die Self
die oppervlakkige EK-splorasie 
vanwaar hierdie wil om van die Self
‘n fotografiese portret te maak?
die vasvang van die held van jou eie storie
die begeerte om jou eie celebrity te wees
die dokumentering, websiting, 
blogging, tweeting,
facebooking en instagramming
van die Self en vir die Self
die vreemde 21ste eeuse tendens om die Self
op die baksteenlose mure van kuberruimte te ontbloot

vir wat wil ons in 'n koue photo-booth gaan sit 
om deur 'n masjien afgeneem te word?
dit is so passé om deur burokratiese oë
vasgevang te word en op Groot-Broer se lens
opgeoffer te word met vaal en glimlaglose gesigte
ons sal nou die kamera-knoppie self druk om 
ons eie geoefende glimlagte af te neem, dankie!
hoeveel ekstra sentimeters ons nekke en arms ookal moet groei
weier ons om iemand te vra om dit vir ons te doen
ons sal dit SELF doen, ons dring aan 

welkom aan die Selfie: waar die Self in beheer is van die Self
- ons glo en hoop so -
ons wil heersers van ons eie lot wees
ontwerpers van ons eie paaie
publiseerders van ons eie gesigte
ons weier om automatons te wees in
die siellose meganiek van bestaan
ons sal skyn
ons sal beautiful wees
ons het nie catwalk-monde nodig om
vir ons te pose en pout nie
ons sal ons eie smiles smile
en ons eie rigting inslaan
die tyd dat ons wag vir iemand of iets om
ons lot te choreografeer is verby
dit is nou die tyd dat ons ons eie lewe bemagtig
en dit begin met die Selfie

Friday 15 May 2015

sonbesies

die sonbesies sing 
teen
die boombas van 
my serebraliteit
en tril en jil
my 
van 
my 
kop
af

Thursday 14 May 2015

raaktoor

ek móét vandag ‘n gedig skryf
al moet ek dit by my duim uitsuig!
die skryf van die digkuns is ‘n komplekse besigheid
as jy nie oplet raak jou sinne gou die kluts kwyt!

dit is nie soos ‘n eksamen waar krip-notas ‘n uitweg kan wees
en jy die antwoorde skelm vanaf jou mou of pennedosie kan lees
ek is ook geen boheem wat glo poësie sal vloei met ‘n dosis opium of wyn
maar tog kan dit nie net so vanuit die blote lug of my grysstof verskyn?!

die gelowiges sê goddelike ingryping is die antwoord
maar hiermee staan ek nie heeltemal in akkoord
hoe kan ek my vertroue plaas op 'n vonk om oor my hoof te flits
en die inspirasie soos vuur aan te hits?

ek weet dit was eens op ‘n tyd mode
om te wag vir die aanraking van die muses en die gode
maar ek kan nie alewig wag vir die vonk van ‘n eksterne bron
dit moet seker kom vanuit my eie skynende son?

moenie te veel dink, huiwer of wag
watter vers dit ookal is, bly skryf elke dag
die digkuns wil ge-uiter wees
al word jou hand en stem lam en hees

glo dat die regte woorde sal kom 
en vrylik op jou papier en tong gaan oopblom 
die digkuns sal jou smekinge aanhoor
en op sy eie tyd jou sinne raaktoor

Tuesday 12 May 2015

stil mond

in die stilte van my mond
sit daar soveel begeertes
wat wil suis soos die wind
maar nou is my mond stil
want dit is goed om net stil te wees
stil soos net stil kan wees
niks meer
en
niks minder

in my mond se stilte 
hang daar vrugte wat so stil
net hang in geheimenisvolle groei
en wag dat die seisoen sal kom
wanneer hulle
aarde toe gaan val
niks vroeër
en
niks later

in hierdie onvergelykbare stilte
is my mond ‘n stil holte in
die eindelose uitspansel waarin
die lang-verwagde eggos
in hulle eie tyd
die toekoms sal inloop
niks vinniger
en
niks stadiger

Monday 11 May 2015

droom ek hardop

kledingloos
sit ek op die klip 
van die baai

die vel van 
my siel 
haal asem

droom ek hardop
met 
my lyf

begin 
ek 
opstyg

naak
vlieg ek 
sneller

Sunday 10 May 2015

pottebakker

is dit oё-verblindery
of verskyn daar gesigte
in jou aardewerk wat
luidmond-dig
tot my sinne spreek?

teater in die holte van jou hande
klei vuur en glas-uur
vertolk in bo-aardse stemme
die rolle van goёlaars

word kleurlyne die teks
wat die vlugtige misteries 
in kolkende kontoere temper

Saturday 9 May 2015

river

you
  are 
    the 
      flow
        of 
          a
           river
          that 
        veins 
      its 
    way
  into 
the 
    thirsting 
        hollows
      of 
   my 
bones

Friday 8 May 2015

slaap

die wil vir lê en slaap
het ek tot 'n kuns verfyn
of eerder tot 'n gewoonte
van somna-estetiese proporsies
die lê self is verrukking vir die rug
die blydskap van die lê-ende rug ken geen gelyke
bene en arms en kop wat in
die gloeiende warmte van bed kan broei
lei tot 'n geluksaligheid
wat geen einde of opstaan wil ken

Thursday 7 May 2015

die teken

in hierdie volgende paar minute 
se laaste 
bietjie 
wilskrag
probeer die hart 
’n digterlike oomblik 
te put
want hoe kan 
die dag 
eindig 
sonder ‘n gedig?

die glans wat skyn 
in 
die voëls 
se laatmiddag liedere 
gee my ‘n vonk van hoop

hoera! daar is nog kele 
waaruit ongekunstelde kuns 
spruit

dit is vir my ‘n teken
dat dit nog nie tyd is
om
op
te
gee
nie

iewers is daar nog rede om te bly sing

Wednesday 6 May 2015

klok

my hart trek
in die vorm van
‘n klok

ek prewel ‘n gebed
mag ons nie lui raak met liefde en
nooit die noodsaak van die skeppingsdaad minag

ek begin lui van diep binne my bors
dit tril en ril deur al my spiere totdat my lyf 
opstyg en beier die wye lug in

           word wakker wêreld, word wakker!
           die nuwe dag breek aan soos ‘n swael-seisoen
           in vlug na die reuk van somer

Tuesday 5 May 2015

nothing will stop the sinking III

the interminable offence has a way to spread all 
the sullen pens’ scratching over the flushed serviette
no one dares to blink in this pronounced awkwardness

as days go on we are becoming more despotic
but we don’t see the pillars crumbling (in a whisper:
our conquest is very much the same as that of our enemies)

do your enquiring and if you have to your interdicts
you will soon notice how steadfastly we cheat ourselves
the crows and goats don’t hang around us for nothing!

it is way easier to be snug in your woolen trousers
and view the helter-skelter from your comfortable angle
your blithe state of mind will hopefully give the answers you want
  
the city’s metallic incandescence 
bleats in 
the babies’ eyes

     this fanatical herding 
     of words
     needs to stop