Monday, 19 December 2016

spirit of the verse

i write my poem and fold it into phylacteries
carefully fastening the tiny black boxes 
onto my forehead and round my arm

this is to connect my poetical mind 
to my poetical heart
and all of me to the poetical god

the tefillin keeps me from straying 
and keeps my senses alert to
the spirit of the verse

Sunday, 18 December 2016

slegs die sillabes van my tong

ek nodig nie petrol
yster steenkool
hamers spykers 
pype of sement nie

slegs die sillabes van my tong
wat deur eeue gevorm is
om reg hier in my mond te land

ek het niks meer nodig nie
my mond is my fabriek en handelstasie

die hyskraan van my tong
die plooibare mure van my wange
die maalvlak van my tande
die uitlaatpyp van my keel
die ventilasie van my neus
en die trotse koepel van my verhemelte
wat toesig hou oor die polsende produksie-lyn

geen groter digtersjolyt!
met net hierdie enkele mond
maak ek my wêreld rond en bont

Friday, 16 December 2016

oorgawe

goue lyne kronkelend rondom die wolke 
sal die luidrugtige poësie 
in haar eie onbegrensde ritme spel 

die wolke is nie altemit die wasems 
van my voorvadergeeste 
wat my keelklanke toejuig 

'n sagte lig 
sal deur die donkerte 
breek

kom digkuns breek oop met oorgawe
sprei elke versmaat oop in die dans

en laat elke asem oopbreek in 
verblindende vonke

Wednesday, 14 December 2016

jy is nie alleen nie

iewers bulder daar stemme in 
jou bors 
jy is nie alleen nie!

jy sal altyd 
stukkies waarheid 
inasem
en stukkies droom 
uitasem

Tuesday, 13 December 2016

sout van die aarde

laat ek in plaas van soete drome 
jou soute drome toewens
want is ons sweet en trane nie tog 
van die sout van die aarde gemaak nie?
laat jy diep in die mineraliteit inswaai
en jouself vir eens verloor in 'n kinderlike oorgawe 
wat soos kristalpanne op jou vel sal uitslaan

Monday, 12 December 2016

groot-word

jirre waar kry ek hierdie
ongekende energie vandaan?
ek help en dra
sorteer en skuif
was en maak kos 
vee en skrop
sonder rebelleer
ek doen dit alles 
so gemoedelik
waar het my nukkerige streep verdwyn?
daai lus vir net lê
en net in my eie tyd my eie ding wil doen?

my lyf en gees is net so gewillig
is dit wat mens groot-word noem?

Saturday, 10 December 2016

reg hier in my maag

die hartseer bondel
in dik-traan-knope
reg hier in my maag

as ek net een gedagte te veel dink aan my pa
dan rimpel die weengolwe
tot in my keel en my oë 

ek verwonder my aan hierdie fenomeen
van hartseer 
wat in so 'n nat affêre kan ontaard

Friday, 9 December 2016

soos olie

die metafoor
dobber soos olie 
op water 
wat ek net nie 
afgeskraap kry nie

Thursday, 8 December 2016

in die skemering van die verlies

in die skemering van 
die verlies
is my keel nog troebel
van die wil-wil trane
die dae sonder jou hang soos
sugte aan die deurkosyne

dit is asof my selle nou weet
dat ek nie aan jou kan klou nie
iets in my het laat gaan 
die hunkering na 
jou fisiese aanwesigheid 
het 
so ietwat
bedaar

in die skemering van 
die verlies
is my hart stil
vlietende beelde van jou 
beweeg in my geestesoog
soos wolke in die wind

oralste lê leegtes van 
jou nie-hier-wees
ek kyk met 'n hartseer gelukkigheid na
die reën wat op die pompombome val
die aarde juig oor die breek van die droogte
maar my hart klem met die wete
dat jy nie meer die nat-aarde-reuk 
deur jou trillende neusgate insuig nie

in die skemering van 
die verlies
staan ek mymerend in 
die diep rivier wat 
die onafwendbare verhale 
van die lewe en dood om 
my ledemate fluister

Wednesday, 7 December 2016

burp

die geroesemoes van stemme sit
soos coke-borrels in my ore
die gas wil uit my mond ontsnap
met een moerse burp

Tuesday, 6 December 2016

spoonfeed my asseblief!

hulle sê spoonfeeding is nie die antwoord
in die opvoeding van enige jong verstand
maar ek vra mooi dat julle 
die digkuns vir my sal spoonfeed
maak seker dat elke krummeltjie
in my keelgat kom
geen vers mag uit my mond glip 
mag elke stukkie metrum styf aan my tande klou
maak seker ek sluk mooi sonder om te verstik
spoonfeed my seblief!
ek is bang my eie hande vermink
verdraai of verloor die woorde

Monday, 5 December 2016

vir Rika

haar borskas staan bont van al die harte wat sy daarbinne dra
sy het skaars plek vir haar eie klein hartjie
sy maak nie net haar hart oop vir jou nie
sy groei sommer 'n nuwe hart spesiaal vir jou
niemand weet hoe sy dit regkry
dit gebeur sommer so spontaan

sy het 'n tenger lyfie
maar kyk net watter groot skaduwee sy gooi
vir enige een wie skuiling of beskutting soek
sy het skaars plek vir haar eie klein hartjie
tog bly sy die honger en verlore harte
in die nessie van haar bors koester

mense-harte is swaar goete
en sy het nie altyd krag
om hulle te bly dra nie
maar nooit gee sy moed op 
of draai haar rug op jou
haar omgee is net te groot

as jy haar dalk in die straat mag raakloop
neem haar hart en al haar ander harte 
en dra dit vir 'n ruk vir haar
laat sy weer 'n ligtheid kan ervaar
en net weer die eenvoud
van haar eie lyf kan voel

Saturday, 3 December 2016

vulpine

i want to write 
a vulpine poem
              that sneaks  
     into 
the darkest                     crevice 
      without 
being spotted
                        sniffs
                        at 
all the corners of
              delectable flesh
keeping silent and                         sneaky 
as much as its wild bristly hair will allow

i want to write 
a vulpine poem
that        treads           so            soft
that the only              trace that 
will be discerned
is its                   feral aroma 
clinging 
   to 
the 
   shadows

Friday, 2 December 2016

laat ek myself verdrink in 'n rymelary

laat ek myself verdrink in 'n rymelary
dit sal hopelik my my sinne weer laat kry
ek skud die vere in my kop
hierdie verstarde gevoel moet nou stop

ek hoes en ek proes, ek gil en ek lag
al springend en tollend met alle mag
sodat die vasstekende woorde in my keel
sal losglip en hierdie gedig se lot sal seel

die potlood bly nukkerig
die hand voel rukkerig
o toggie, my kiewe begin vaal-groen te verkleur
want daar is geen muse-sap êrens te bespeur

my hart is gretig
my breinselle besig
maar niks kom vorendag
net hierdie nimmereindigende gewag

Thursday, 1 December 2016

thaumaturgy

i learnt a new word today
thaumaturgy
a most beautiful word
the act of performing marvels or 
magic or miracles 
especially by incantation
i know fully that one can churn and stir magic with
mouth and word
the sinking of the teeth into each syllable
the licking of the lips to renew the moisture of
excited lips in poetic speech
the throat thrusting at the utterance of a metaphor
the tongue whirling wildly in the conjuration of wonders
the rhythmic pull tugging the strings of your soul
the heart that can not beat fast enough
to keep up with the ephemeral words in flight
what joy to the mouth 
to elocute thaumaturgy
what bliss for ears to receive these intonations
and stir up images and dreams
desires and realities
fears and shames 
strengths and triumphs
i will keep on saying thaumaturgy
type it out again and again so that my fingers 
can feel each letter with eyes closed
t h a u m a t u r g y 
t h a u m a t u r g y 
i will utter it over and over so that each syllable
spell the magicality of the word
and let me never forget that there is magic 
in the spoken word
marvelosities in the poetic phrase
and never stop believing that one can perform miracles 
with the softest whisper of a single potent verse