Friday, 31 October 2014

verskil

uit die onderonsie wat tussen
die blaaie losbreek
los 'n wolk stof in my oё op
nou is ek nog meer in
die duister waaroor ek
moet skryf
tussen die getaksidermifiseerde volstryspoot,
teelepels, gloeilampe, strooimatte, perdekoppe,
honde in lang swart jasse en gapende luiperde
wonder ek vanwaar gaan my sin kom?
ek kyk tussen die bak appels en persakes
net muggies
niks meer
ek skakel die ligskakelaar aan
dalk sien ek beter
al wat blinker blink is poot van volstruis
in die tweetalige woordeboek het die stof gaan lê
lyk my die woorde het vrede gemaak met
die verskille wat nog so fel
tussen hulle lê

Thursday, 30 October 2014

hol eggo

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

as jy weg is voel my mond soos ‘n hol eggo
wat ‘n afskuwelike verdoemenis
om met ‘n hol mond rond te loop
net my gesug eggo oor en oor daar binne
net my kreune wat verlore raak
in die donker grot van my keel

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

ek bly skryf net sodat 
die mantras en inkantasies
van my sillabes my aan die slaap kan sus
en vrede in my hart plant
skryf ek net om die swart stilte
van die verblindende wit te breek

ek tuur uit al die vensters
bang vir die donker man
maar altyd in die hoop dat dit
jy sal wees wat kom
en die stil holtes in my ore
weer vol sal sing

Wednesday, 29 October 2014

word ek soos 'n dier

word ek soos 'n dier
raak al my herinneringe een poel
wat val in vergetelheid
eenvoudig soos 'n dier
hou nie gesprek met mense nie
slurp my kos op voor enige iemand
eens begin eet het
is ek soos 'n dier gestroop van gekunsteldheid
wil ek nie verfynd en beskaafd wees nie
wil ek nie groet 
wil ek nie vrae antwoord
wil ek geen sinmakende woord laat loop oor my tong nie
wil ek nie die normale proses van mens-werk en mens-leef veragsaam nie
word 
ek 
eenvoudig
soos 
'n 
dier

Tuesday, 28 October 2014

we are too weighed down by our ideas and our minds

we are too weighed down by our ideas 
our minds
our wants
our ideals
our habits and our fears 
our shames and our sighs

our minds are heavy
look how we all walk with our heads
trailing like heavy baggage behind us
they just can not keep upright anymore
all these orthopaedic concerns are because of
our heavy heads
i am surprised they have not exploded yet
thanks to all our smartphones, laptops and tablets
they carry a part of the great heaviness
of too many ideas
what would we have done if we could not steer
the overflow into these metal brains?
maybe because we have these metal brains
our fleshy brains just keep on churning the thinking
the computing
the inventing
continual stimulation between inorganic and organic matter

fuck this!
arch out our backs
lift our heads
and shake all the heaviness out
be light and empty 
feel the air move between our ribs
our diaphragms
and every cell
feel our feet 
losing touch with the earth
start to rise
and float to the lightness of the clouds

Monday, 27 October 2014

naelloop

ek kom met die trappe afgenael
ek kan nie wag om by die wit skerm en
die swart woord uit te kom nie
dis asof hulle my soos honger babas
roep dat ek hulle moet kom kos gee
abba
streel en
sus

Saturday, 25 October 2014

ek moet my kop op 'n daaglikse basis vertaal

ek moet my kop op 'n daaglikse basis vertaal
my selle genereer 'n taal wat ek nie kan verstaan nie
ek maak voorbrande al om my siel, my hart, my kop
om enige moontlike wegholbrande te keer
ek pak klippe in die vuur
en druk hulle styf in
die koue holtes van my hart
ek weier om te vries
mag ek die vaardigheid hê om
die aarde se fiaskos aan die kamferboom vas te maak
en myself daarna te sus met
al die kaste se wolkomberse

Friday, 24 October 2014

klou en wag


ek lê in die bed met 
‘n pen vasgeklem in my hand
en ‘n papier gekrater onder my elmboog
wagtend dat my drome heel moontlik
die pen sal vat en
die nag se poësie sal 
neerskryf in die hoop dat
die griffels die weg sal wys
en die rigting sal skryf binne-in
die stuk wit wat die kaart 
van my kreatiewe lewe sal uitlê

miskien
sal die swart rots
blink
in die reën en son
en tekens
sal die toekoms
helder in my oë
flikker

ek het geen probleem om te wag

pen in hand

‘n stille krag

Sunday, 12 October 2014

we touch right to the nerve

we touch right to the nerve
of each other’s bodies
we do it without cutting open
or seeing blood
we feel each other right to the marrow of the bone
we rock each other to our most neurological core
be kind in my deeds and words
it might be intangible and unseen 
but one rough word or unchecked gesture
can cut where more than blood will bleed

Friday, 10 October 2014

poëtika en pyn

               vir my pa, louis

met jou het ek ‘n selfoongesprek oor soprane
seer skouers 
warm water sakke
blokke ys
oudword en eensaamheid
en moenie vergeet
die nagtelike koninginne
en dit alles deur wisselvallige opvangs

tog 

deur die helder oomblikke
reis daar oor die dun en onsigbare lengte van die selfoonlyn
soveel poëtika en pyn

Thursday, 9 October 2014

they are calling the rain

every night i hear them
calling the rain
be it discipline instinct pattern
they are calling the rain
every day breaks with a dry and dusty wind
and still i hear them
full-throttled croaking
beseeching the rain
be it habit thirst desperation
we are all calling
for
the
rain

Wednesday, 8 October 2014

die lug van my rug

begin die dag met ‘n lang en diep inasem
vanuit die diepste put van
die helderste
en
skoonste lug
laat elke borrel lug my rugstring
trots en
regop
en met ‘n vol-vertroue-houding uit laat vou
laat die holtes tussen my rugwerwels self
die bron van suurstof en lewe wees
laat die lug die lug van my rug so erg begeer
dat die lug nie meer tevrede met homself is nie
maar kom drink van die lug van my rug