Wednesday 22 February 2017

daar is 'n klip in die middel van my kop

daar is 'n klip in die middel van my kop
al my kop-energie hang ek om die klip
al my gedagtes kom uit klip
klip nodig nie son water lug of kos nie
vandat die klip in my kop beland het
is ek 
een 
eenvoudige 
gelukkige 
mens
klip anker my
druk my vas aan die aarde
nooit sal ek lighoofdig raak
klip maak my psigiese palpitasies stil
die kompakte gewigtigheid van klip
verfyn my fokus
my aandag is nou op klip
ek sal nie die pad byster raak

Tuesday 21 February 2017

vuur-mond

die lig van hierdie gedig gloei warm op my gesig
ek murmureer die woorde saggies soos
wat hulle onder my tong uitkruip
en voel-voel aan my tande en verhemelte
my mond is ‘n vuur-nes waarin ek die metafore gooi
om die verse lekker aan die brand te kry
die vlamme lek aan die wande van die grot
en skielik sien ek vervloë verhale geëts in oker
my mond brand met soveel geskiedenis
wat in die sagte suising van die skemer
verhaal wil word
my tong loop deur donker groen woude
en wil nie haar vashou verloor aan
die oer-gevoel waarin sy so tuis is 

Thursday 16 February 2017

wilde kopulering

'n wilde kopulering van my breinselle met 
my hartselle met my droomselle met my woordselle 

sodat - siedaar - my kroos voor my 
in uitdruklike wonderprag kan staan

Monday 13 February 2017

die kinderlose blues

tydens ovulasie is my onderlyf
een verknotte stuk pyn
my baarmoeder is verskrik van 
al die leeglê

die kinderlose blues II

my baarmoeder huil diep snikke
met die wete dat die baar
nou moet begin plek maak
vir die
bar

Friday 10 February 2017

soepel

soepel metaforisering
gly deur die oorbuise
en sypel in by die breinselle
vuur aan die sinapse na die oë 
wat die pupille vernou in 
oorbeligtende verwondering
en die mond laat trek in 
een asemberoofde plooi 

Tuesday 7 February 2017

take up arms

what a sad moment
when arms 
were not used as the fleshy embracing limbs
of our breathing bodies
but taking up arms to raise in fateful shootings
and unfortunate warfare

to take up arms

when did take up arms
mean shooting fighting and killing?
when will it just simply mean again
take up arms to wave at others in kindness
take fruits and babies up in arms
and rejoice in life and growth?
take up arms to embrace each other?
or take up each other's arms and 
dance in exuberant circles
and celebrate the pendulous freedom 
that these well evolved 
muscular offshoots
can 
swing 
u
in?

Monday 6 February 2017

bring ek my lyf aarde toe

photo: Keran Elah

mmm, soos appels en koringkorrels voed
die klei-grond my bloed
bring ek my lyf aarde toe elke dag
ruik ek die stof
ruik ek die diep nat fertiliteit van modder en grond
wat by die ryk slik en slym poele van die aarde uitmond
wees versigtig waar jy trap
want elke dag gee grond geboorte aan menigte wesens
waardeur die lewensbloed tap
wees versigtig want jy trap dalk op iets nuut en kaal
iets wat nou net begin asem haal

mmm, like apples and wheat
this clay-earth feeds my blood
everyday i bring my body to the earth
i smell the dust
i smell the deep wet fertility of mud and soil
that pushes up from the earth's rich pools of mire and slime
be careful where you tread
for everyday soil gives birth to a myriad of beings
through which flows the lifeblood
be careful, for you may step on something new and naked
something that has just begun to breathe