Wednesday 22 February 2017

daar is 'n klip in die middel van my kop

daar is 'n klip in die middel van my kop
al my kop-energie hang ek om die klip
al my gedagtes kom uit klip
klip nodig nie son water lug of kos nie
vandat die klip in my kop beland het
is ek 
een 
eenvoudige 
gelukkige 
mens
klip anker my
druk my vas aan die aarde
nooit sal ek lighoofdig raak
klip maak my psigiese palpitasies stil
die kompakte gewigtigheid van klip
verfyn my fokus
my aandag is nou op klip
ek sal nie die pad byster raak

No comments:

Post a Comment