Tuesday 24 January 2017

om myself te verdrink in rooi


photographer: Keran Elah

om myself te verdrink in rooi   
bloed rooi
om aan die wande van are te klou
vir al wat leef en beef in
die sonnestelsel van my digkuns
sal ek klou en klou
en nie laat los
my oë is so styf geklem dat ek die bloed
deur my oogballe sien druk
herinner my aan die lewe hier binne
elke goddelike oomblik
van hierdie waaragtige lewe
om myself te verdrink in rooi
bloed rooi
dat ek weer kan voel een word met
die baarmoeder en voeding kry sonder
vra of verwarring
net suiwer voeding vanuit ‘n diepe bloedbron
as ek aan die digterlike plasenta kan aanheg
en die versmatige bloed kan tap deur my are
dan sal ek salig gelukkig wees

Tuesday 10 January 2017

thththth

thrice thwarted thunder 
thrusts thematic thoughts 
through thespian thistles