Friday 6 November 2015

Wednesday 4 November 2015

river and sun

like rivers streaming effortlessly
over stone
the phrases of music stream through
the ravines of time
carving my soul into
deep hollows wherein
the melodies shine like clear water pools

when the music does not play
it is like drought
and the thirsting riverbeds can not wait
for the celebrating phrases
to break from the clouds
and invigorate the hungry cavities of our ears
with healing harmonies

pure pure pure may our souls remain
in this purifying sound of music
the sound whirls over me
and like a skilled wizard
it pulls my soul inside out
and i feel how the music speaks
blessings like the sun over my body

Sunday 1 November 2015

vonk

jirre die lewensenergie vuur deur my oogballe
ek sien my lewe flits verby my oë
met ‘n intense gevoel van beide mortaliteit en ewigheid

alle wonderlike moontlikhede spat deur my are
flitsende visies straal soos sneltreine voor my geestesoog
ek voel oombliklik die smagting na
‘n lewe wat uit haar nate bars
en ‘n stem wat uitbulder met soveel vlammende self-vertroue

dit is hierdie een liggaam wat ek het en
wat ek voel so lewend myne is dat ek nie 
anders kan as om haar lenige spierkragtigheid
met spronge van jolyt te vier nie

dit bruis 
stoot en beur 
hier agter my sternum

met ruime ervaring in betwyfeling 
hartseer en onbemagtiging 
voel ek NOU het die seisoen uiteindelik aangebreek
waar die feesviering van kreatiwiteit oorborrel

stil skaam en styf kan ek nie meer wees
hier kom ‘n golf waarop ek ry
elke vesel in my lyf is gevonk
daar is 'n vlam in my oë wat
nie maklik geblus gaan word nie