Thursday 28 July 2016

blowing smoke

      ter nagedagtenis aan 'n skildery 
     (met dieselfde titel) deur Louis Kirsten

in die rookkolom
broei 'n embrio uit
in die rookkolom
ontspring 'n melkweg

kyk! dis nie ek
wat vorm gee aan rook
dis die rook wat
my vorm gee

rook is 'n fantasmagoriese vlug 
van efemeriese verbeelding
met een asemteug
blaas ek die heelal uit my mond
ek trap die accelerator van my tong,
rev sodat die rook uit my ore kom!

hoe sê hulle?
smoke gets in your eyes...

Wednesday 27 July 2016

sien jy skielik

as die pad opdraende word
loop mens stadiger
en is jou oë meer gemik op
die onmiddellike omgewing
en sien jy skielik
meer blomme om jou enkels raak

Tuesday 26 July 2016

kwatryn vir Louis

vir my pa Louis wie vier dae voor sy dood, op 16 Julie 2016, gevra het ek moet vir hom 'n kwatryn skryf

ek skryf vir jou 'n gedig vier lyne lank
en hoop dit sal soos welige grootblaar ivy
teen die uitspansel van jou verbeelding rank
en vir jou die mooiste mooi in jou sielsore verklank

Monday 25 July 2016

how

how does one poetize from the thoughtless place
there where it is only pure spontaneous metaphor
that leaks recklessly from the throat
and in filigree syllables
drips like stalactites in ears?

Friday 15 July 2016

my tong se dodedans

wanneer ek eendag doodgaan
sal 
my beendere
my murg
my hart
my bloed
my senings
my hare
my tande
my naels
alles eerste verrot

terwyl my tong gaan aanhou rol en blabber
en vloek en spoeg
en juig en lag
en uitsteek

my tong gaan al spinnend in die graf omdraai
en weer omdraai
en die een wees wie die dodedans die laaste gaan dans


my tongue’s death dance

one day when i die
my bones
my marrow
my heart
my blood
my sinews
my hair
my teeth
my nails
will all be first to disintegrate

while my tongue will keep on rolling and cackling
and swearing and spitting
and rejoicing and laughing
and sticking out

my tongue will turn round and round in its grave
and will be the one who will
have death’s last dance

Wednesday 6 July 2016

ambrosial glowing

before the day draws its curtains
i find myself bent over this moment of word
and in a thin thread of deep red and gold
i weave the spell of metaphor
to stitch themselves right into your heart

on this falling of winter night
the velvet silence is slipping between
the barren branches of the pin-oak
the hurried doings of the day
softens into dreaminess

as the twilight splinters into the deeper dark of night
my heart rises with fervent pulsing
the love you conjure up in my veins
smells of a freshly cut-open fruit of the passiflora
i breathe in long and slow
filling my heart with this ambrosial glowing