Thursday 28 July 2016

blowing smoke

      ter nagedagtenis aan 'n skildery 
     (met dieselfde titel) deur Louis Kirsten

in die rookkolom
broei 'n embrio uit
in die rookkolom
ontspring 'n melkweg

kyk! dis nie ek
wat vorm gee aan rook
dis die rook wat
my vorm gee

rook is 'n fantasmagoriese vlug 
van efemeriese verbeelding
met een asemteug
blaas ek die heelal uit my mond
ek trap die accelerator van my tong,
rev sodat die rook uit my ore kom!

hoe sê hulle?
smoke gets in your eyes...

No comments:

Post a Comment