Tuesday, 30 June 2015

so teenoorgesteld van my

skryf is so plat, witvlakkkig en
een-dimensioneel

ek is ‘n skrywer,
dus moet ek toegee dat
my lewe plat, witvlakkig en
een-dimensioneel is?

laat die berge wat
so teenoorgesteld is van my
in hulle volheid,
multi-dimensionaliteit
en tydloosheid
my 
bevry

Thursday, 25 June 2015

jou hart vergroot

met slegs ‘n handvol klank-golwe kry Beethoven
dit reg om groot energie en edelmoed
soos die sterbelaaide heelal
voor ons voete te gooi
jou hart vergroot
geen woord kan hierdie gevoel waarlik vasvang
met die aanhoor van hierdie musiek
word alles wat onmoontlik was
skielik moontlik
in die drama van die resonante frases
word die grootsheid van god, natuur en mens saamgeweef
die hart is op een slag vervuld en smagtend
hierdie musiek kan nie help om ons ewige hunkering na
dit wat hoër en groter as ons is
bloot te lê

your heart expands

with only a handful of sound-waves Beethoven succeeds
to throw great energy and nobility
like the star-laden universe
in front of our feet
your heart expands
no word can truly capture this feeling
with the hearing of this music
everything that was impossible
is suddenly possible
in the drama of the resonant phrases
the greatness of god, nature and man weaves together
the heart is at once fulfilled and desirous
this music can not help but to expose
our unquenchable hankering after
that which is higher and greater than ourselves

Wednesday, 24 June 2015

indruksels

my gedigte is 
die simptome van
onderdrukte indruksels
wat op wonderbaarlike wyse
uitgedruk word

Tuesday, 23 June 2015

grate and peel

the city lights grate the dark night
slivers of souls peel from the gutters

Sunday, 21 June 2015

mag die musiek soos sterre

 mag die musiek soos sterre
en edelgesteentes
in ons are oopbreek
sodat millennia se strewes en visioene
wonderwerke
in ons murg openbaar

may the music break open like stars

may the music break open
in our veins like stars
and gemstones
so that millennia of strivings and visions
unfold miracles
in our marrow

Saturday, 20 June 2015

i write fire

when i'm cold i can't think poetically
i simply see the narrow reality of the limits of my body
my mind shrinks into survival

but no I protest!
i will kindle some verse
to heat me in this freezing moment
i won't set my poems alight
paper burns too fast
i will burn the poems 
within my imagination
this incantative spell of letters following each other
will have to flame so hot to make
my heart beat fiercely with that feverish pulse 
to keep my body from succumbing

i have a fear that i will shrivel up
and transmogrify into 
a single shivering pore of gooseflesh

do not let me down, Poetry!
i need you in this cold hour
out on the streets of Cape Town
the sun has set
the shadows lengthen with inclemency

i think fire
i write fire
i breathe fire
this is all i can do to keep the cold
from clawing its way into
the last warm folds of my skin and heart

Thursday, 18 June 2015

versified breathing

i surrender myself to
this peaceful hiatus
i give each line to an in-breath
so that thought and breath collaborate
in the making of this poem

this is my meditation today

stripping my mind from distractions
to let only percolated thought into each line
quiet rhythm of breath and word
stitching this moment into healing

i stare into the distance
tremoring on the horizon of my mind
can i hold this breath extra long so as to arrive at the far reaches of my mind

aaah, versified breathing
i must do more of this

Wednesday, 17 June 2015

dit is daai drang

dit is daai drang
daai dryf
wat jou kiewe laat bol
en jou verewig maak kwyl
van die verruklike versoeking
om sillabes en verse
tussen tand en tong te byt
jy sal nooit tevrede wees met
net een helping
jy soek altyd meer en
meer 
jy sal geen versadiging ken
die honger sal bly
die jag sal nooit rus

Tuesday, 16 June 2015

klein glinsteringe

dit is te danke aan poësie
dat ons kan lag
dat ons kan vergewe
dat ons kan huil

daai klein glinsteringe in die lewe
is stukkies poësie
wat die oop oë raak sal sien

ons tonge, tale en stories is deurdrenk met poësie
dit hoef nie uitgebasuin te wees
in metafore nie

dit is dikwels net ‘n stille teenwoordigheid
aanwesig in voetstappe en krakende houtvloere

daai rillings wat in my ruggraat vonk - 
dit is poësie 

Sunday, 14 June 2015

dieper dors

die probleem met die hedendaagse mensdom
is dat ons nie diep en gereeld asemhaal nie
ons val holderstebolder in elke dag in
nie dat elke oomblik ‘n intensie, bedoeling, betekenis
of sielsoortuiging hoef te wees nie
maar jirre, ons jaag verby
soveel magiese oomblikke
ja, ons oë is wa-wyd oop van al die koffie en suiker
maar wat van die oë van ons siele?

daai onvervangbare oomblik
waarin ons ons dieper dors kan les
dit sit daar waar ons
ons hand uitsteek en net
daar waar die punte van
ons vingers
begin tril
daar sit die opwinding en avontuur

daar waar jy net so ietwat buite
die gewone groef van kom en gaan beweeg
daar is dit waar jy vryer leef
en dieper asemhaal

Saturday, 13 June 2015

my dye wil ook bydra tot die skryf van die poësie

ek moet weer poësie in my lyf kry
my ledemate moet leer om weer die letters te skryf
hierdie gelê-ery en gesittery terwyl ek die digkuns skryf
moet ‘n einde kry

dit is die probleem:
my hand neem die oorhand in die skryf van die poësie
my rug, my torso,
my skouers, my wange, 
my tone, my enkels en
my dye wil ook bydra tot
die skryf van die poësie

die hand mag deel hê aan die poësie
mits hy nie die pen gryp om die woorde vas te pen nie
die hand moet eerder lemoene pluk
en in stukke breek en op die tong plaas
sodat die poësie vanuit elke oranje sel
tussen die tande kan ontplof

poësie is nie gelyk aan die skrywershand nie
dit moet meer as dit wees
hierdie kort lyn tussen kop, hand en papier
is net te onavontuurlustig

laat die lyn afdwaal na die kniekoppe
en hulle maak skarnier in klinknael sillabes
draai af na die voetsole wat klim na bergpieke
en poësie onder die hoogste klippe uitgrawe
laat die lyn dan omwentel na die dye
wat met uitbundige krag
die ritmika van die digterlike dans inkleur

ek vra mooi: moenie net jou hand waag aan poësie
waag jou hele lyf daaraan

Friday, 12 June 2015

waarheid en woord

die woorde bring die waarheid uit in my
daar is nie ‘n manier om my waarheid te ontsnap nie
ek kan aanhou woorde skryf terwyl ek
my waarheid probeer vermy of onderdruk
maar net vir so lank

ek kan nie in woorde sit wat hierdie waarheid is
tog voel ek wanneer ek in die waarheid leef
en ek voel wanneer ek nie daarbinne leef nie
en so ook weet my digkuns dit
en geen truuk of masker
sal haar flous nie

sy werk saam tot op ‘n punt
as die grens van waarheid na 
onwaarheid oorskry word
weet sy dadelik
omdat sy so diep verweef is in 
my hartklop, bloed en vesels voel sy onmiddellik 
wanneer my kop en lyf in onwaarheid 
en onderdrukking verkeer
sy weet sodra my pols verander
en die kleur van my bloed vervaal
sy skrik wanneer my asemhaling 
die gewone uitbundigheid kort

hoe ookal ek kulkunstenaar speel
ek kan net nie my digkuns fop nie 

Thursday, 11 June 2015

rivier en son

soos rivierstrome moeiteloos
oor klip stroom
stroom die frases van musiek deur
die ravyne van tyd
kalwe dit my siel uit in
diep holtes waarin
die melodieë soos helder waterpoele blink

as die musiek nie speel nie
is dit soos droogte
en kan die dorre rivierbeddings nie meer wag
vir die feesvierende frases
om uit die wolke te breek
en die honger holtes van ons ore
te verkwik met salwende harmonieë nie

suiwer suiwer suiwer mag ons siele bly
in die versuiwerende klank van musiek
die klank kolk oor my
en soos ‘n bedrewe toornaar
trek hy my siel van binne na buite
en voel ek hoe die musiek soos die son
seëninge oor my lyf uitspreek

Wednesday, 10 June 2015

asseblief

uit die kilte wat uit die skaduwees trek
voel ek hoe die ys-toue van die winter
kouer en nouer om my trek

in die saaiheid van die lewe
probeer ek
digterlike sin te kry

want hoe kan die dae net so verby steier
en die droesem van my drome
so aan my verhemelte klou?

vanuit die niet kom iets
en vanuit die roes kom iets blinks
weer gegroei

die warm son vou oor
my ledemate
soos ‘n warm duvet

moet die nag nie kom nie
want dan word die lyf koud en stil
en dink ek vanuit ‘n eenvlakkigheid

asseblief laat die dae terugkeer wat ek
die koue wegdans
met bene verstrengel in warm ritmes

Tuesday, 9 June 2015

knak

ek maak die kasdeur oop
en sonder om ‘n woord te sê
bestudeer ek die skarniere
en kalkuleer
dat wanneer hierdie woedebui van my
ordentlik sy piek bereik het
hoe om hierdie deur te benader
sodat ek die ding met een slag
reg van sy skarniere kan af
                                        knak

Monday, 8 June 2015

gereed om te sterf

die son is ‘n klok
wat my ledemate met sy
golwe warm resoneer

ek staan ekstra regop in die kafeteria om beter
die tuisgemaakte roomys te kan betrag
ek kies die amoretto en suurlemoen

ek gaan sit buite in die winterson
en tel my seëninge in
elke tandrillende happie

dis koud in my keelgat maar o so warm is my vel
ek kan vir ure lank net so sit in die son
en vergeet van enige grootmens-plig-of-strewe

waaragtig! die hoogtepunt van
bekoring
is my vel in die son

dis soos droom, skep, dans
jy voel die harmonie van die sfere helder in 
jou siel vibreer

jy voel die grense verdwyn 
soos jy saamgeweef word met alles en almal
jy smelt in ‘n diepe gelukkigsaligheid

ah nee, ek moet bieg dat vel in die son oortref word
deur die gloeiende bekoring van 
die liefde vir jou

want om lief te wees 
is so vervullend dat 
ek gereed is om te sterf

    dit is heerlik om te dink aan liefde en sterfte
    veral as ‘n mens dit kan doen in
    die skyn van die son

Saturday, 6 June 2015

ek draai in sirkels met oë wa-wyd oop

ek draai in sirkels met oë wa-wyd oop
totdat ek kind-naar word
ek wil oefen om al die objekte in die draai-kolk
met sekuurheid raak te kan eien
ek sien 'n wit-glans boud met poësie opgeskryf
 - iewers het neruda ook 'n sê gehad - 
die jong seun kyk met 'n afstandelikheid na 
die groen artisjokke
onder my gryp die weefsels van die mat 
my stewig aan die sole
hy vermoed ek gaan heel waarskynlik binnekort omtiep
in duiseligheid
maar ek kan nie ophou draai en kyk
dit is grasdakke en houtpale wat elke keer teen
ander hoeke in my oog val
en dan is daar die sagte kopkussings
en die blink kasdeure
wat soos halva en kakao-poeier inmekaar smelt
my ooglede wil nou swaar toeval
maar ek hou aan
asof ek die marathon hardloop
en beide die grieke en romeine wil oortref in prestasie

Friday, 5 June 2015

windpompe staan kniediep 
in die watergevulde soutpan
net duskant bultfontein
hoor ek die reën roep teen
die snellende motorruite

    wil my lyf terug wees 
    in die heilspellende wouddorp
    van hogsback
    deur boom mis en berg beskut teen
    die onheiligheid van die tyd

nou is ek hier in 
die motorika van
vier wiele spoedend na 
die grit-stad 
van johannesburg

    net gister staan ek huilend teen 
    die hang van die oer-berg
    want ek wil nie hier weg nie
    ek wil hier bly en die maanlig insuig
    en sterlig sweet

Thursday, 4 June 2015

Vlees - Flesh

my vlees, o my vlees
waarheen lei jy my?
na die lig?
na die donker?
hoe weet ek wat is jou intensies -
jy wat so vry van my leef?

my vlees, o my vlees
ek is nogsteeds nie vry
maar jy is

watter dag gaan dit wees
wat jy my waarlik gaan bevry?

neem my hart
neem my kop
en elke senu-punt
in jou greep
neem my oor
sodat 
my woord
ten volle
vlees
kan
word

flesh

my flesh, oh my flesh
where do you lead me to?
to the light?
to the darkness?
how do I know what are your intentions -
you that live so free from me?

my flesh, oh my flesh
i am still not free
but you are

which day will it be
that you will truly liberate me?

take my heart
take my head
and every nerve-ending
in your grip
take over me
so that 
my word
can
fully
become
flesh

Wednesday, 3 June 2015

i the restless one

i the restless one
can not be still for too long
the creative blood beats hard and fast
the driving force in my bones is relentless
i have tasted failure
i have tasted brilliance
i have felt discouraged
i have felt my heart beat at
the pulse of ecstasy
i have reached the highest peaks
i have gone on till my heart aches
and sometimes breaks
i have walked those extra miles
to be sure of reaching exuberance
i have danced till the morning light
i have made love till skin disappears
i have dived into great pools and seen great sights
  
this restlessness is quivering in my life fibres
insistently enticing my heart and limbs
to itch and keep me motioning forward
all my senses are alert to any signs
that may hold some ingredient of my visions
i listen to the wind
i look into the sun and stars
and i never stop wondering
where the next spark will come from 

i have a fear for stagnation and apathy
i keep on dreaming and scheming
fighting demons that want to pull me down into
a pit of indifference and disillusions

i the restless one do and think
more than one thing at a time
afraid of losing time
i feel the brevity of life so strongly
whilst feeling immortality rattling in my marrow
this push and pull of life keeps tapping on my heart
and enters my dreams at night
keeping me from losing interest

i embrace silence and the peace of doing nothing
but oh my nature is to be out there
to move and leap and fly
i the restless one am addicted to
the pristine heights of the skies
i am not a hoverer or a floater
i am a driven flyer
piercing through the exquisite rush of air
stitching the altitudes together

i the restless one live close to the earth
hear any change of tone in her voice and want
to be part of that which makes her and me happy
it is a difficult striving
but a worthwhile one

because of this passion 
to live real and deep in this one life
i will be restless
how can i rest at ease in a world
which ignites this unquenchable energy
that feeds my hungry heart?