Friday 5 June 2015

windpompe staan kniediep 
in die watergevulde soutpan
net duskant bultfontein
hoor ek die reën roep teen
die snellende motorruite

    wil my lyf terug wees 
    in die heilspellende wouddorp
    van hogsback
    deur boom mis en berg beskut teen
    die onheiligheid van die tyd

nou is ek hier in 
die motorika van
vier wiele spoedend na 
die grit-stad 
van johannesburg

    net gister staan ek huilend teen 
    die hang van die oer-berg
    want ek wil nie hier weg nie
    ek wil hier bly en die maanlig insuig
    en sterlig sweet

No comments:

Post a Comment