Tuesday 16 June 2015

klein glinsteringe

dit is te danke aan poësie
dat ons kan lag
dat ons kan vergewe
dat ons kan huil

daai klein glinsteringe in die lewe
is stukkies poësie
wat die oop oë raak sal sien

ons tonge, tale en stories is deurdrenk met poësie
dit hoef nie uitgebasuin te wees
in metafore nie

dit is dikwels net ‘n stille teenwoordigheid
aanwesig in voetstappe en krakende houtvloere

daai rillings wat in my ruggraat vonk - 
dit is poësie 

1 comment: