Sunday 14 June 2015

dieper dors

die probleem met die hedendaagse mensdom
is dat ons nie diep en gereeld asemhaal nie
ons val holderstebolder in elke dag in
nie dat elke oomblik ‘n intensie, bedoeling, betekenis
of sielsoortuiging hoef te wees nie
maar jirre, ons jaag verby
soveel magiese oomblikke
ja, ons oë is wa-wyd oop van al die koffie en suiker
maar wat van die oë van ons siele?

daai onvervangbare oomblik
waarin ons ons dieper dors kan les
dit sit daar waar ons
ons hand uitsteek en net
daar waar die punte van
ons vingers
begin tril
daar sit die opwinding en avontuur

daar waar jy net so ietwat buite
die gewone groef van kom en gaan beweeg
daar is dit waar jy vryer leef
en dieper asemhaal

No comments:

Post a Comment