Sunday, 16 July 2017

by die lughawe in port elizabeth

mense met soveel groot woorde en groot gevoelens
weef een sirkel om al die uitspinsels en uitspansels
van intellek en dwaasheid
dit voel asof ek soms die hele mensdom
in my rugstring dra

vliegtuig land en kom tot stilstand hier duskant
die restaurant by die lughawe in port elizabeth
ek sien jonges vasgevang in oorfone
oë genael aan skerms
duime wikkelend oor boodskappe en speletjies
kan ek net glimlag vir hierdie land
met al sy gille en hallelujahs
al sy bewegende ledemate en honger mae
hierdie land met vliegtuie wat daaglikse opstyg en land
hier is ek skuilend agter my sillabes
en droom oor die toekoms van die valleie en
die kinders en die groei van hulle jong stemme

ek sit met my palms na bo op
die klein tafeltjie in die restaurant
en glimlag vir almal wat verby stroom
ek is nie esoteries of van my kop af nie
ek wil ‘n seën uitspreek oor hierdie land en sy mense
in hierdie een gedig wil ek met soveel innige krag
goedheid en deernis tot lewe spreek

in die lughawe hang alles op so ‘n dun draadjie
vaarwelle en opwinding tril vir etlike oomblikke
voordat dit weggesweep word op vlug na
nuwe reise
nuwe beginne 

Saturday, 15 July 2017

skryf myself disnis

skryf myself disnis
sodat ek die afgrond asook
die opgrond in kan rol
kolk myself tot binne-in
die kernste van die woordkern
dat ek moerwarm in die smeltkroes
kan borrel en sidder
sonder sien of hoor
die woordste van woorde
so lewend kan voel

ek hou dié pit tussen my wysvinger
en duim
beloer dit van alle kante

wanneer die lig deur 
die 
fasette 
pyl
sal die strale
die waaragtigste waarheid 
in
my selle 
oop 
en 
vry 
breek

Wednesday, 12 July 2017

you who

you who sunk into
my cells like
a wide-tummied breath

you who treaded
your spoor on
all the footpaths of my heart

you whose name
I keep wrapping
around my tongue

when I open my mouth
the ringing syllable of your name
nests in the sky

Kim
Kim
Kim I love you so

Tuesday, 11 July 2017

as my feet

as my feet break through the grass to 
get to the footpath leading to the ocean
my eyes trail off to the sky
the blue brightness seemingly happy
to see my heart so a-love

i love you beyond surety and unsurety
in the swirlest swirl of ocean waves
i tumble with my love for you
i lose touch with the earth 
my feet rise by its own wild dangling
the way i walk today
i can not hide the way my feet 
have fallen in love with you over 
and over again with each step into 
the beyondness of our love

my feet are frozen from the wintry walk on the beach
i want to get out of this wind and
phone you to let my voice ripple into you ears 
and your eardrums to feel the new beat of this love

i feel  not a pinch of pain as i start running
from sheer exuberance over the knobbly tarmac
my skin is so alive in this numbing cold
i see my heart running ahead of my chest
my body can not go as fast and fierce as 
my heart leaping toward the voice of you

Wednesday, 5 July 2017

Sunday, 2 July 2017

neem oor!

ek skryf met my bic pen en soos
ek begin dommel in slaap
skuif ek my skryfboek eenkant
maar hou die blaai oopgevou
en sit my pen neer sonder om die inkpunt terug te druk
pen moet gereed wees
om self die gedig neer te pen
as die muse oor my bed dwaal
en my hand slaap
pen – ek beveel – neem oor in die skryf van hierdie gedig –
al mag ek slaap – moet jy
bly skryf

à la sorcerer’s apprentice!

Monday, 26 June 2017

moenie wegvee!

ek verpes dit wanneer mense alewig 
hulle monde afvee wanneer hulle eet
waar jy kyk is servette en hande wat 
ongesiends die selfbewuste monde
probeer skoonvee en bedek 

jirre, kan monde, kenne en wange 
nie net vir daai etende oomblik
vol krummels, 
vetspatsels en taai druppels
vertoon watter fees dit is 
om te eet
om te verlustig aan kos wat 
tong en maag so vervul

frummels en stukkies wat
om mondhoeke kleef is
niks om voor skaam te wees

moenie wegvee
moenie afvee!
behou al die joviale tekens van 
die bevoorregtelike smullery

Sunday, 25 June 2017

verander

ek wil die styl van 
my digterlike uitdrukking 
verander
is dit moontlik? 
dit is moontlik        ja
herformuleer die wyse hoe 
jou gedagtes uit die tonnel syfer
probeer nuwe taktieke
en slinkse kat-maneuvers
verras jou pen
laat hom dink jy lei hom
na die punt wat hy verwag
jy hom heen gaan lei
en dan
skielik
verander rigting
sodat die pen nie 'n idee het
hoe jy hom so vinnig uit
die groef gelig het nie 

Wednesday, 21 June 2017

not looking into a glaring smartphone

just sitting and paging randomly through magazines 
and NOT looking into a glaring smartphone
lounging on a beach chair looking at everyone else
and NOT looking into a glaring smartphone
waiting in a queue and chatting with a fellow queuer
and NOT looking into a glaring smartphone
eating a sandwich and staring into the void of a quiet moment
and NOT looking into a glaring smartphone
lying on your back an staring into the ever-changing clouds
and NOT looking into a glaring smartphone
going into the loo and admiring your inner thighs
and NOT looking into a glaring smartphone
having tea with a girlfriend and showing her your knitting
and NOT looking into a glaring smartphone
disappearing into the hallway fixing a stray hair
and NOT looking into a glaring smartphone
walking between the car and the shop and looking out for a trolley or basket
and NOT looking for your glaring smartphone
climbing into bed and musing about your accomplishments for the day
and NOT looking into a glaring smartphone
sitting in the backseat of a car and counting trees and lamp poles
and NOT looking into a glaring smartphone
watching a film and enjoying the full gamut of the plot
and NOT looking into a glaring smartphone
cooking with a handwritten recipe
and NOT looking into a glaring smartphone
finding a new place in a dog-eared map
and NOT looking into a glaring smartphone
fuckit return to your own mind space
those exquisite imagined spaces
dream out loud again
feel timelessness
make your own visions
do not feed so passively and lazily on the visions
fed to you by your glaring smartphone

Wednesday, 14 June 2017

die geskenk

ek het 'n visioen gehad van
'n gedig oor die lug
die wonder-medium waardeur 
ons beweeg en asemhaal

in ruil vir die geskenk van lug
sal ek 'n gedig daarin plant

met tong, lip en tand 
stoot ek die metafoor uit my brein
en plant dit reg hier tussen 
die paar suurstofselle

wanneer mense hier verby gaan loop
sal  hulle onbewus die metafoor inasem
hulle longe sal nie weet 
wat hulle getref het nie!

Tuesday, 13 June 2017

in elke gewrig van hierdie gedig

'n veerkragtige spierkragtigheid
sit in elke gewrig van hierdie gedig
mag die rymelary se gimnastiese vernuf
deur die nate van beperking breek

Sunday, 11 June 2017

goue lig

digter staan in die Karoo se sonsondergang
met kop agteroor gegooi en mond wyd oop
sodat die goue lig 'n vlietende vers
teen haar verhemelte kan ets

Friday, 9 June 2017

forever sitting on this seat

May you build a ladder to the stars
And climb on every rung
May you stay forever young
Forever young, forever young
May you stay forever young

 - Bob Dylan


photographer: Keran Ducasse

chairs are known to be sedentary and stationary
quiet in rooms 
staidly placed around tables
so sedate and composed in corners and along walls

but no not this chair
it takes me to the fields
through barbed wire and mist
it carries me over all the dreamscapes 
i have ever imagined
and makes me break out in full-throated song

mary mary quite contrary
how does your garden grow?
with silver bells and cockle shells
and pretty maids all in a row

on chairs that climb to heaven
with tiers one plus seven
will my mind go
where the winds most high blow?

mary mary quite unordinary
your moods as the seasons will vary
often hiding away from too much talk
she would rather in her green fields have a walk

mary mary quite contrary
how does your garden grow?
with silver bells and cockle shells
and pretty maids all in a row

faint tremors i feel in the wood of this chair
it feels like it wants to take me somewhere
perhaps there where earth and heaven shall meet?
then i will remain forever sitting on this seat

photographer: Keran Ducasse


Sunday, 4 June 2017

fonolisasie

jirre dit vat fokkin dissipline
om nie die foon tot in
my slaap vas te klem nie

kolonisasie is nou
iets van die verlede
make way for phonolisation!

god, red ons van hierdie uitsuiging en uitbuiting!
die kolonie van die foon neem oor
tentakel teen een rampspoedige spoed ons koppe

wat makeer ons dat ons so ‘n noodsaak het
om vasgegom aan hierdie siellose
platvlakkige vierkantigheid te wees?

vandag ag ons
ons onafhanklikheid
en vryheid so hoog

maar sonder wapen, woord of geweld
ruim die skynbaar skadelose skermpie van die foon
enige outonomie eensklaps uit die weg

Wednesday, 31 May 2017

soos klippe

ek wil my woorde uitpak
soos klippe op die grond
in die son moet hulle lê 
al trillend en sidderend
en in die sterlig moet hulle 
oop en stil net loer vir die geheimenisse
wat val oor die landskap

Tuesday, 30 May 2017

verblind

wat sal gebeur as ek 
al my metafore in 
die smeltkroes gooi?

een goudrooi stuk gedig

borrel en stoom 
soos kokende lawa

met my tong breek ek 

die keramiek-dop oop
sodat die blinke gietsels
selfs die son sal verblind

* * *

what will happen if i throw
all my metaphors in
the crucible?

one piece of golden-red poetry
bubble and steam
like boiling lava

with my tongue i break
the ceramic shell
so that the shining castlings
will blind even the sun

Sunday, 28 May 2017

sikloon

spin my weg in 
'n digterlike sikloon
laat my tong in 
honderd helikse 
afsplinter 
en alles in sig 
opsweep -

die vrede en die onvrede 
die vreugdes en die vrese
die vryhede en die onvryhede

draai en tol onbegrensd
totdat
elke wilde visioen
klouend aan 
die sillabes
oplos tot 
een magiese metafoor

Saturday, 27 May 2017

sien wie bly staan

ek sit my pen sommer direk op my tong
my hand kan nie byhou om 
die wilde woorde neer te skryf nie
en my tong is te oorweldig om
al die digter-visioene te verwoord
nou moet pen en tong
in die boksersring dit uitwoed
en sien wie bly staan

Friday, 26 May 2017

verslawing

ek piepie vinnig
ek eet vinnig
ek drink vinnig
ek was en vee vinnig
net sodat ek so gou moontlik by
die klavier en digkuns
kan uitkom

soos rokers drinkers inspuiters en snuifers
hulle fix moet kry
so moet ek ook

hoe kan ek ooit apologeties wees vir
hierdie dryf om slaaf 
van
woord 
en
klank 
te wees?