Friday 29 July 2011

Suckers en dummies

en in die dralende tye
wat gevul is met
karre
laptops
mondvol woorde
politieke weegskale
ekonomiese fokops
petrol
duur
wat jou
teneerdruk
wil ek sommer self
die kar
die laptop
die woorde
die weegskale
die fokops
die petrol
vat
en
in
een mikrogolfoond kook
- mét 'n koppiesuiker - tot dit lekker
kraakborrelbruin tameletjie word
sodat ons dit teen vanaand
soos
dummies
kan suig
en soos
suckers
kan oplek
en ons onsself
aan die soete slaap
kan oorgee

Wednesday 27 July 2011

in die woorde van 'n ander

Francois le Roux, musikant, skrywer, globale reisiger en Groot Inspirasie,
wie my al 7 jaar lank ken en met wie ek al vele kreatiewe en
emosionele paaie gestap het, skryf die volgende aan my:

jy waag so sterk
om met woord en tong
by die rouwees van mensheid te kom
sonder die souslaag van ‘n god
wat als van bo-af verplot

jy waag om naak jou wese te bewoord:
dat dit jou eie sap is wat in jou are stoot
om die waarheid te sê:
dit is jy wat jouself vergod:
die wees van self is goddelik

dit is jy wat jouself vorm uit die klei van die stof
van die aarde wat modder is
dit is jy wat jouself WIL.

en dit is hier waar beide godsdiens en wetenskap nog terugdeins
nie een wil terugkruip binne die vel
nie een wil erken
dat daar die EK is wat ook tel
die EK wat speel deur al die eeue heen
die EK wat lê in elke ding
selfs die klip
en die bok wat spring
die voël wat sing en die blaar wat verkleur

binne elk lê die EK wat wil
en vorm en skeur
en wat telkens nader aan ‘n Self wil beur

godsdiens spring daarbuite oor
wil alles deur ‘n god se bril laat boor
verplaas die Wil na Bo.

en die wetenskap?
dit wil die Wil ook nie erken
en skuif dit oor na wette en toevalligheid
alles buite ons
buite ons
buite ons

en hier kom jy
en klim uit die aarde uit en sê:
dis Ek, mense, dit is Ek wat myself vorm
wat voel
wat beweeg
wat die toekoms wil.

dis ek wat my evolusie stuur
OOK ek, ja, ek word ook GEvorm
maar in die middel staan ek

en geen godsdienstelike of wetenskaplike
kan daarom die antwoord bied
vir waarom
lewe
is

met jou dans
en met jou forse waag
bring jy dit na ons:
dat lewe is
omdat dit WIL WEES.

Sunday 24 July 2011

TANKWA I LOVE YOU!

Last year was the first time that I went to the Afrika Burn Festival in the Tankwa Karoo.  I was struck by the natural interaction taking place between the festival-goers - no one needs to explain or define themselves, there is no apologist, sorry-i'm-living-feel in the air. You express,  sing,  dance, shout and jubilate as your heart desire. Yet there is an innate respect for one another,  an unconditioned  sense of giving, community and a playful decency. A structured hierarchy is not implemented. Everyone relates with each other on a very grounded level. Like children. Layered societal complexities fall away to make place for  a simpler and more honest relating.

I used to think that I have a bit of an irreverent streak in me, as the following piece of writing I wrote after last year's Burn will attest to . But after contributing to the free expression at Afrika Burn I realise that I simply have an iconoclastic tendency that needs to be released. And in the Tankwa I can  express freely and instinctively  without frowns or reprimands thrown my way.
  
- - -

i once sat outside the Settlers Monument in Grahamstown
in a short skirt, rather unrefined with legs sprawled all over the floor
a woman came walking up to me and said
would you mind sitting more properly with your legs closed please
i was numbed and all i could do
was to scream deep inside
FUCK YOU!

i once lay in the middle of a corridor in a hotel in Windhoek, Namibia
the rooms were stifling hot and small
my partner had all his recording stuff cluttered on the bed
a family of four walked past on the way to their room
the next day we found a neatly written letter saying
please do not lie in the passage way, it embarrases my children
i was numbed and all i could do
was to scream deep inside
FUCK YOU!

i once walked barefoot in a town in France, next to lake Geneva
a bitter old man kept walking behind me muttering
pied nu, imbecile! which i could understand with my elementary French as bare feet, imbecile!
i kept on walking pretending not to understand
and too dumbstruck to respond in my elementary French screamed deep inside
FUCK YOU!

i once played a piano recital with a short red dress, bare feet and unshaven legs
one of my friends that was in the audience phoned me up later and told me
the concert was great but please next time shave your legs
i was numbed and all i could do
was to scream deep inside
FUCK YOU!

once my cousin saw me climb in my hippy red, blue and yellow coloured car
he told me with  a smooth self-assurance in his voice
i will be embarrased to be seen driving in a car like that
i was numbed and all i could do
was to scream deep inside
FUCK YOU!

i once told a friend of mine that
i have a dream to have a film crew filming me as i walk completely in the nude down
Commissioner street in centre Jo-burg
he blushed in silence and all he could muster was
just be careful, a man might get ideas and rape you
i was numbed and all i could do
was to scream deep inside
FUCK YOU!

i once went to the Tankwa, performed poetry in the nude
and there were people who respected and applauded me
i got goosepumps all over my arse and breasts and
deep inside i screamed
TANKWA, I LOVE YOU

April 2010

Thursday 21 July 2011

A vision of the Essensual Beginning





In Hogsback I live on the property of deep-ecology artist Diana Graham, The Ecology Shrine (www.ecoshrine.co.za). I feel at home here, utterly myself and at peace. My mind and body gets a thrill each time I see the view of the Amathola Mountains from the front door. Through all seasons this place never ceases to enchant. Yet when it is firefly season the garden has an added allure. To be able to call this home for some odd months of the year gives my nomadic bones a very needed sense of rootedness. The Shrine has inspired me to many a writing. Here one of them >

 The Shrine
A vision of the Essensual Beginning

in the beginning there was
the sound
the vibration
in the beginning there was you
you in all
and all in you
in the beginning there was the dark space
lighted by throbbing fireflies
in the beginning this was the Shrine
that would enclose you
as you walk in
a place of far and close
wet and dry
young and old
growth and death
in the beginning it was it all
all that could be felt and heard and seen
and smelt and tasted
and it was good
in the beginning there was no word
nothing was said
only slow deep breathing
pulsing life through
thoughtlessness
in the beginning there was no ideas
or vision
of future
just pristine vacuity
a clarity of
The Now
A pure presence of the senses
nothing more
nothing less
simply
 Essensuality

Monday 18 July 2011

Die Oer-Pols


Hier is my digterlike interpretasie van die seksuele smagting...
Die oer-pols

Dit is dit wat stoot
wat gryp
wil uitbars in raserny van instink
dit pols dit sluk
selle wat die oer-oorsprong van één wees wil nastreef
ons kan veronderstel aan die begin
was een bang
een broei-poel
een godsvinger
wat lewe meervoudig getoor het
so gaan dit met die skeppingsdrang
dit is 'n oorlewingsdrang
en om te oorleef moet
die peristalse van sluk
en hyg en stoot
die lewe meegaan
Dit is die bymekaarkom
die aantrekking van water-gebaseerde organismes
in kwiksilwer-sparteling
Dit is 'n oomblik van saamhoort wat meestal eintlik wil afstoot
efemere rekonsiliering van teenpolige vlees
Dit is spoeg en suig
verwonding en heling
Dit is paradoks vasgevang in die verstrengeling van ledemate
Dit is daardie soektog na die oer-pols wat
gewalg het aan die eerste suurstofsel
daardie eerste asemteug van lewe
verbasing en skok dat lewe so moet pols om
aan die  lewe te bly
daardie vibrasie en verrukking van lyf teen lyf
is die uitlewing van die ingebore ritme
wat met ons gekettingde sosiologie verward geraak het
Dit is die metrum van vertering
die oerdier-opslurping van versadiging
die wegskram van uit-tering
die afweer van die onhygendheid van die dood

Sunday 17 July 2011

Boheem

hoe kan ek opstaan vir myself
ek wat nie huis het
nie 'n betroubare eenkleurige kar nie
geen mediese fonds
geen lewensassuransie?

hoe kan ek vir myself opstaan met kieriebeen-arms
hoes-bors, afgekoude vingernaels en lae rugpyn

hoe kan ek vir myself opstaan?
ek het geen aandele
ek kan skaars politiek ekonomie of godsdiens gesels
ek is nie 'n bedrewe namedropper nie
ek praat nie die "lingo" nie

ek staan vir myself op deur my hardnekkige lus vir vryheid
noem dit boheems
ek hou van die kleurvolheid
die geurvolheid
die polsende ritmes
wat die woord oproep

hoe kan 'n boheem 'n gypsy
'n hippie vir haarself opstaan?

kan haar stringe krale
kan haar kruie-tuin
haar spruite
haar rou groente
haar red?

hoe staan ek vir myself op?

op my se twee kaalpote
met my andersheid
my ongetemdheid
my nuuskierigheid
met die vryheid om relatief los te staan
van 'n burokratiese grysheid 

daar is een toneel in die boek Don Quixote waar die predikant van die dorp die Don se huis invaar en al sy boeke verbrand - meeste van die boeke handel oor die knight-errants, ontdekkingsreise ens . die dorp het gedink dit sal die antwoord wees op quixote se wilde verbeeldingsreise. nee dit het dit nie gestop nie - hy het self die pad ingeval opsoek na avontuur en na sy geliefde Dulcinea.

dis my (boheemse) ondergang: die boeke wat ek lees.. aai te veel Zorba the Greek, Hermann Hesse, Jack Kerouac, Laurie Lee, Uys Krige, John Steinbeck, Tolstoy, Pasternak. die lewe van die haweloses, die reisigers, die uitverstotenes, die soektogters, die hand-tot-mond lewe. dis nie maklik nie, maar dis volbloedig. dis alleen. dis ryk. dis vreesaanjaend. dis uitbundig. dis onrustig. dis inspirerend.

wat my so aantrek tot die lewe wat ek lei is die onsekerheid, die verrassende vorms wat die dae aanneem  van 'n roetine-lose bestaan. (wees gerus, baie hippies beland uiteindelik in die groot korporatiewe maalstroom en maak miljoene, skaamteloos! do not fret! ons is nie hele-mal aan ons eie devices oorgelaat nie, iewers sal 'n sisteem ons aan die hals beetpak en ons saamsleep.  our redemption is close!)

kyk vir madame chocolatier in die film Chocolate. 'n corny maar gepaste voorbeeld. sy is anders. sy kan nie stil sit. is sy optimaal gelukkig? nee. kry sy vreugde uit die deel van eerlike vriendskap? ja.

wie is optimaal gelukkig?

ek probeer myself omring met dit wat mooi en uitdagend is. mense. musiek. kleure. beweging. kuns. natuur.

die tye wat ek "present" is, aanwesig in my lyf my hart en my kop is wanneer ek op my gelukkigste is. wanneer ek nie jaag na 'n doelwit, hyg na perfeksie, smag na vervulling. daai plek waar die bewussyn juig om eenvoudig net wakker te wees.

dis nie boedhistiese airyfairy goete nie. dis eenvoudig 'n vreugde put uit dit wat hier en nou is.

die wonderwerk van die lewe te vier.

ons doen dit te min.

ek leef teen my leeftempo. ek leef intens, maar stadig. ek vat lank om te groei met dinge. ja, ek kan vinnig leef. ek het. maar ek wil nie meer. ek leef nie die op-die-stoep-sit-lewe nie. maar daar is 'n aantrekking daarnatoe. hoe baie mense se hulle wens hulle kan minder doen, en meer leef.

ek leef

ek byt
ek proe
ek kou
dis soet
dis bitter
dis opdraend
dis huil
dis val

en dit is weer opstaan

Friday 15 July 2011

Still Life


in the look of my eye
silent in the eternal moment
that is where i want
to be
for you
just like a still life
hanging on your wall
chiaruscorically
calling your eyes
to the light and dark
of my
speechless being

in die kyk van my oë
stil in die ewige oomblik
is dit waar ek
wil wees
vir jou
net soos 'n stillewe wat
teen jou muur hang
chiaruscories
jou oog roep
na die
lig en donker
van my
sprakelose wese

Wednesday 13 July 2011

stof tot naaidenke

soos sekere van julle al agtergekom het is ek mal daaroor om met woorde te naai (-;

hier is my

stof tot naaidenke

hulle sê mos jy sal saai wat jy naai. en soms sal jy naai wat jy saai.
ja jinne, alles is 'n naaiery. 
met ons highbrow naaivorsing, fancy naaislaanboeke en ons hordes naaigraadse studies het ons uiteindelik besef ons deel almal een great en mighty naaisionaliteit. of jy nou 'n naaipolitaner, naaimakwalander of naaizi is mag jy naai net wie jy fokken lus het.
met ernstige naaibetragting kom ek agter dat hierdie spel op aarde een groot naai-apery is. net naaibootsings en naaipratery waar jy kyk. waarlik kan ons nie teen ons naaituur baklei nie.
sekere kenners beweer dit is 'n knaende naairosis, maar ek dink ons is net te damn naaiskierig! en kyk waar het dit ons gebring - 'n wonderlike spul naaisate met 'n glorious naailatenskap.
ek kan dit nie genoeg benaaidruk nie, maar ons is almal genuine en naaigemaak.
selfs naaidoodse ondersoeke toon dat die naaiskokke van 'n goeie naaiery jou summier na die hiernaaimaals stuur.
ja, laat ons meer naailatig  en naaiywerig wees en hierdie naailope met volle bors en spier hardloop.
ons sal naaiderhand die rowwe see's met toe oë naaivigeer mits ons naaistreef om die beste naaiers moontlik te wil wees. die naaigevolge sal 'n soete naaismaak in die mond laat...

naaispel en naaiskrif: the time is naai to NAAI

Friday 8 July 2011

suiwerste troos

Suiwerste troos geskryf en voorgelees deur Lara Kirsten by Lara Kirsten 1


Hierdie gedig is geskryf op aanvraag van Hugh Hodge - die redigeerder van New Contrast, die Kaapstad gebaseerde letterkundige joernaal. In 2010 het hierdie publikasie sy 50ste bestaansjaar gevier met 'n spesiale uitgawe van 'n wye verskeidenheid essays, gedigte, "reviews" ens. Hugh wou he ek moes in my moedertaal 'n poe''tiese brug bou tussen toe en nou. Dit was 'n uitdaging veral omdat ek net twee dae gegee is om betyds die "deadline" te maak en omdat hy my laat weet het dat die digter wat net voor my in hierdie uitgawe gedruk gaan word is ... Ingrid Jonker!

suiwerste troos

van hier tot daar loop ek oor die sillabes van die hart
voel ek aan die polsende metrum ons knaende smart
trap ek in doolhowe waardeur die tonge steier
sodat ek die dringende instinkte van die keel nie kan weier

dit is tot hier waar ons bekgevegte gekom het om my sinne
tot stilstand te ruk en my digterlike motief te heroorweeg:
dit is 'n hygende begeerte om self-woord te pleeg
sodat die volk die diepere uitdagings van ons bestaan kan beleef

die soektog bly tril in die wande van my mond
ek kan nie wag totdat die verbale revolusie gaan woed
en ons ons eie sweepslae wat die kragtige verbeelding verwond
met die purgatoriese vlamme-tong tot 'n einde gaan roep

nou kan ek helder die lied van my voorgangers sing
sodat die hoop van die taal ver en wyd uitkring
op die vlaktes van hierdie tong staan ek trots en vreesloos
die suising van my taal die suiwerste troos

19 nov 2010

Thursday 7 July 2011

buitelyn


buitelyn

laat ek jou buitelyn wees
geen inkleur
geen passie
geen traanklier
geen hart

geen binnenste

net 'n buitenste

lyn

met buitelyne kan ek werk -
dit
vloei
een-voud-dig
om
die
omtrek
van
my
wese

Tuesday 5 July 2011

Re-visiting The Tankwa

 uit premordiale modder
sif ek ledemate, boude en dye
brei ek die spiere van my lyf
met die klei van die aarde
dat wanneer ek tot niet gaan
die grond-aarde my lyf makliker kan herken en verstaan
en sonder moeite my selle kan verteer
en my siel tot in die hartsaarde kan assimileer


i have looked over the world
and did not find myself at home in the shade of trees
next to rivers or in the embrace of mountains
i have looked over the world
and found myself in the barren Tankwa
the place that taught me to count the waterdrops
with my tongue


Thanks to all the photographers at Afrika Burn who captured my performing!

Monday 4 July 2011

when a calligrapher and poet meet


photos: anja wiehl & andrew van der merwe

How does a calligrapher flatter a poet? by calligraphing her poem in the beach sand of Plettenbergbay. Andrew wrote/calligraphed a line of my poem Afrika-gedig into the sand (photo in the middle right). the line reads as follows:  met hierdie gedig wil ek nie sin maak nie.

And what a sense of humour this calligrapher has! I just HAVE to share one of our dialogues we engaged in on facebook: (Afrikaans-speakers will specifically enjoy the word-play)

A: i must object to being called a calligra-fist :)
L: okay, what wld you like to call yourself?
A: Calligraphile
L: ah, i like that!
A: Kalli-grappie?
A: Call me a calligrapher or I'll give you the calligfinger
L: LOL, you so funny i can not focus on my blog post... but keep them rolling and kielie-graphing my delighted laughing muscles!

Andrew's work is astounding. Go have a look at more of his work at http://www.behance.net/beachscriber/frame


andrew with his calli-tools (photos: alison bannister)