Friday, 24 November 2017

Wednesday, 22 November 2017

onder donker water

die wreedheid van die woord
vang net nie die omvang van die verlies vas nie
laat ek nie die woord blameer -  
die wreedheid van my eie onkunde
maak my lomp deur die wêreld steier
die alewige honger na essensie
laat my beendere lostrek van mekaar
ek is moeg ek is moeg
om elke keer terug te keer 
na hierdie raad-op wees
na hierdie woord-op wees

ek is onder donker water gedompel
ek spartel of hyg nie na lug
gehul in ‘n armsaligheid
wat so swaarmoedig aan
my skeurende gemoedere vasklou
ek kry myself nie beredder van
die teneerdrukking nie

     die mier loop onderdeur
     die lig en skadu’s van die druiwe prieel
     salig onbewus van die groot stuk hartseer
     vasgevang in
     hierdie 
     snikkende
     monoliet van 
     'n mens-lyf 

Tuesday, 21 November 2017

gooi houding!

die skrywershand moet
met houding
klem om die pen
‘n houding van seëviering

‘n houding gegeur met
‘n knippie onverskilligheid
en ‘n leksel onbesonnenheid
enige houding kan jy gooi
solank ‘n ware poëtiese vernuf
ten toon gestel word

vir hierdie eksperiment
sal ek nederigheid
en fokus op tekortkominge
in die agterlaai bêre

kom binne houding
jy word genooi om
jou alleswetende neus
die digkuns in te gooi

gooi houding met
‘n los tong
en ‘n wip neus
en moenie vergeet houding is nie houding
sonder verbeelding!

as jy wil oorleef as digter 
moet jy houding gooi!

Saturday, 18 November 2017

stroop

laat ons terugkeer hiernatoe:
die eenvoud van skep
laat vaar die kompleksiteite en hoogdrawendhede
stroop die skeppingsdaad tot iets
so vaartbelyn en ongerep
dat ‘n enkele resonans die pupil van die hart
sal laat oopblom en tot verligting ruk

Friday, 17 November 2017

onderwys

gee my 'n onderwyser 
wat my inderdaad 
onder wys
'n leermeester wat my
die onder kant van sy voete wys
die onder kant van die grond
die skaduwees onder my kieliebakkies
alles kriewelend onder die son wys
wys my onder die matte en stofpote van sitbanke
wys my onderin die spook-kelder 
onder die belt
onder die klere
onder die oseane
onder die bewussyn 
alles so diep onder verborge wil 
ek so bittergraag gewys word
moenie my bo wys nie
daar is te veel lig en helderheid
wys my onder
daar ver onder
daar waar ek sonder huiwer ondersoek kan tref
en my ondervindinge met ware onderskeid 
en trots kan onderteken
daar waar verborge onderwerpe behandel word
en die onderrig so diep onder gerig word
dat daar 'n daadwerklike ondersteuning
sal groei in die ondergrond van alle dinge
daar waar die duister misterie
gloei in onderhandse geheime
en onderhandelinge en ondervragings
met soveel deurgrondelike passie nagestreef word
die bogrond kan bietjie doen met onderbenutting
jy sal waaragtig ondergaan 
as jy gedurig boontoe wil mik
dit is jammer dat die onderwys onderskat en ondermyn word
dit is hoekom daar onderlangs so baie onderonsies uitbreek
ons is onderworpe aan 'n tekort aan 
kennis van die lewe se onderdele
laat dit 'n onderhoudende onderneming word
om onderdanig te wees aan die 
wonder 
ondergrond van die
onder 
wys

Monday, 13 November 2017

kalkulasie

Kyk of jy die volgende kan beraam:
tel al die vokale saam
vermenigvuldig dit met die som totaal van die konsonante
(jy mag nota’s maak op die kante)

Tel die lettergrepe saam, bereken dan die vierkantkwadraat
(Jy moet mooi beraam en geen stap uitlaat)
Maal bg. met die totaal eksplosiewe van elke woord
Dis ‘n som van ‘n ander soort

Bereken die proporsionele verhouding tussen werkwoord en punt
Jy sal gou die sin en rede vind
Deel dit met die wortel van elke dubbelsinnigheid
Woord en getal lê nou oral verspreid

Maal die omtrek van die metafoor
Met die diepte van die sin
Moenie jou som tot-taal verloor
Anders moet jy van voor begin

Bereken die spoed van die rym
Jagend deur elke lyn
En plus dit by die radius van my oë
‘n Moerse getal, kan jy glo!

Thursday, 9 November 2017

as

laat niks van
alles
oorbly

maklik:
skeur op
en
gooi
in
die vlam

laat woord tot
as
gaan -

as
is meer konkreet
as
hipotese

as dit oorbly

as: dit bly oor

as dit wegwaai?

as: dit waai weg

as:
ryk-assige teenpoligheid vasgevang 
in net twee letters

asseblief:
burn after reading

Tuesday, 7 November 2017

deur my vel

ek hoef nie 'n gedig te lees 
om dit te verstaan nie

ek asem die digtatorika in deur my vel

geen rasionalisering 
ontleding 
bevraagtekening
of serebrale assimilering

digterlike osmose deur my porieë 

die poësie tref my murg
'n veerkragtigheid skiet
deur my rugstring
en ek word
menser 
mens

Sunday, 5 November 2017

searching

even before i start writing a poem
the metaphoric moisture seeps
through in whispers through my marrow
making my mind seething and sweating
frantically searching the experiential
and sensorical crevices of my being

stray and feral syllables 
come curdling
up to the surface
leaving me with 
hellish throatburn

Saturday, 4 November 2017

The Cross Roads VIII

It has been a while since they gathered at the Cross Roads.
The silence has grown old and stubbly. 
The overhang of trees shows no signs of leaf or life. 
A shoe lies under a thick mound of dust. 
In the distance I hear the faint whisperings of the Carillon.
Or is it just my imagination? 
The gloom is leaking from my throat.
The desolation is rusting all over the stones. 
I sit and wonder when someone will come to cross at the Cross Roads.
It has been a while.
But not that long a while, for I notice from the dark mouth 
of the cave the Cave-Dweller comes stumbling 
with his hands sheltering his eyes from the fierce sunlight. 
Clearly he has not been outside for days. 
My cheeriness suddenly springs onto its haunches
and runs to greet him with fierce hugging and interminable questions.
“Hang on, darling! Give a man the space to adapt to the light again!”
 I am profusing apologies on him which does 
not improve his state of mind.
“Who is making such a rabble-rousing-fuss up there?” 
I make out the voice of the Loner. 
He is peaking his head from the overhang of trees.
“Why could I not see you under the trees?” I ask with concern falling
like guava pips from my mouth. 
“It happens that a Loner becomes invisible to those who has 
no care for lonesomeness in this world” he retorts quite huffishly.
The Cave-Dweller appearing stronger against the glaring light of day
seems to grow stronger too in cheeky bravado “Oh, do not think that
you can monopolise loneliness Mister Loner. We all have little bits
of forsakeness hiding in our solitary bones. 
Do not take it all on your own shoulders.”
A sudden gust of wind blows over the plains and I notice the dusty shoe.
Knowing what my questions will be, the Loner answers
“No, it is not my shoe, and no, I do not know where the other shoe is.”
The Cave-Dweller showing an uncharacteristic 
interest in the conversation
walks towards the Loner and the overhang of trees 
and lifts a few branches to see more clearly 
what state the space was in. 
“Oeeigh, my cave is a palace compared to this dingy dust hole.”
My ears begin to ring. I feel a heated altercation is rapidly on its way.
I turn quietly around and head for the crossing. 
I thought I missed these fellows, but now I just want 
the sweet silence to return.
This time the Carillon rings audibly and relieves my ringing ears.
“For as long as you sit at the Cross Roads, you will not find silence.”
chimes the Carillon. “I have craved it since I was born, but soon realised
I make the biggest clamouring racket on these plains. 
The irony is that no one takes notice of me anymore."
“I still hear you.” I say “It is your ringing that keeps luring me 
back to the Cross Roads.”

Thursday, 2 November 2017

spieël





wat is aan die ander kant van die spieël?
sal ek ooit weet wat daar lê?
dit bly saam met my beweeg
die ander ek
die ander jy
wie choreografeer my?
wie orienteër jou?
is daar ‘n jy?
is daar ‘n ek?

dit spieël met ons
speel speel speel
gooi jou beeld vir my
en ek gooi dit terug
vang
moenie laat val nie
vang 
vang
VANG!

spieël
is delikaat
delikate
kaatsings
weerkaatsings
weer
kaatsings
oor en weer terug na jou
terug na my
spieël die lyflyne fyn

moenie verby die lyne van jou
oë beweeg nie

spieël word swaar
swaar
swaar
kan ek nie net ek
wees nie?
‘n alleen ek
sonder die dra van die ander?

draai myself af van die kaatsings
ek wil nie geweer-kaats word nie!

argh, die spieël se spel volg my
sonder passie
sonder jaag
sonder geweld
val sy gesig op myne

spieël word ek
ek word jy
smelt die skelet inmekaar
geen pyn geen stoei
spieël word spieël
spieël kyk in spieël
spieël is kindspeel
gesig
bal
gooi
gryns
lê
lag
droom

glas is fyn beeld
skynbeeld
skyn
skyn
skyn
beeld
blink
blink 
blink
en verblind
blind 
blind

hou my vas 
hou my vas

All photos: Daniele Debellis

Wednesday, 1 November 2017

vir die onthalwe van nie verstaan, yehuda amichai

vir die onthalwe van nie verstaan
voel ek woorde aan jou
trap ek die verhoog met my lyf

tou draai ek om my hande
drink uit leё koppies woorde
speld veiligheidspelde aan 'n swart hemp

sit voor 'n sonhelder sak vol nartjies
skil een na die ander se ronde koppe af
om die soetsappige vlees teen my honger tong te lê

vlos ek my tande sodat jy my mond kan aanskou
borsel ek my hare om die borsel te herhaar
lees ek uit 'n boek met wit blaaie in persies geskryf 

stapel ek klippe op in 'n wankel hoop
gaan sit ek langs die ou man met die wynglas
wat hoop ek kom sit nie langs hom nie

die alleen druppel rooiwyn lê sy fossiel-lyf
teen die holte van die glas
tilt dit na my mond en proe gis en stof

vingers van sop lek my tong
bodem van bord val op my spoeg
die roosmaryn stik die brood

die mond van die tygerberge tuur soos 'n grot
my tong troos ek met druiwe
dood gekook in suiker

die vrou wat jou afloer uit haar donker oё
groet my met haar lyf
die kop van my regter skouer ruik na jasmyn

Tuesday, 31 October 2017

die appel

die appel vasgespeld aan
jou bors
gryp ek 
soos eva

sink ek diep binne
die verbete verlossing 
van 
jou stem

Saturday, 28 October 2017

wortel tekort

orals om my sien
ek ontkoppeling
selfs die letters in hierdie woorde
ly aan 'n tragiese diskonnek

vir die geletterde
in hierdie taal
is daar moontlik 'n samehang
en vloei van betekenis

dit is egter net op
die oppervlak
dieper onder die letters is
die wortels uitgekap
en hang 'n veronderstelde kommunikasie
slegs aan die takke van ons eie verbeelding

hoe kan my woorde
wortels groei om
'n ware ankering in
'n volhoubare bron
te verseker?

Wednesday, 25 October 2017

sy het nie altyd iets om te sê nie

as poësie eers haar lêplek
binne jou kom vind het
moet jy haar met veel beminning koester
moenie bekommer as sy
vir lank stil lê
onthou poësie hou ook 
van slaap
en woordloos wees
sy het nie altyd iets om te sê nie
sodra jy 
drukkende 
verwagting 
op haar plaas
dan los sy op
soos 
doudruppels 
in 
die 
son

Tuesday, 24 October 2017

chatoyant

i learnt a new word today:
chatoyant - to shine like a cat's eye
and i knew immediately what
to do with this shimmering and lustrous word:
break it up and 
plaCe its letters on a dark road so 
that the different 
facets of the syllables 
catch the smallest 
ray of light and show 
the way to the 
fluorescent heart of this poem
and make your own heart fill out with
radiating eyes that will see the cat all the 
way from its eyes to its very tail

Saturday, 21 October 2017

spronge

sirkusligte skiet deur my toe oë
versamel ek die akrobate se hoogste spronge
waarmee my brein
die heinde en verre kan inspring

Thursday, 19 October 2017

ag as my kop brandewyn kon stook

ag as my kop brandewyn kon stook
wat my op so 'n trip kan vat
sodat ek buite myself kan staan
en die plesiere van die nie-ek kan beleef
en dalk moet ek leer om te vervel
dat ek meer gereeld nuwe sensasies met
nuwe porieë kan voel
en ja as ek 'n biblioteek van tonge kon hê
waaruit ek nuwe gesprekke en slim woorde
na willekeur kon kies
en nou wat ek op 'n wens-trip gaan
wens ek kon elke week nuwe oë in my kop plak
dat ek enige verveeldheid met die herhalende horison
kan vervang met nuwe in-sig-te
en wat van ander tande wat nie
heeltyd my naels wil afbyt nie
en 'n ander kop met minder praatjies wat 
my altyd anderste wil oortuig

swem

in water so koud soos bergklippe teen
die douende hange in die vroeë oggendure
swem ek met my lyf en word ek een met water
grens verdwyn tussen vel en vloeistof
word die water een met my
voel ek geen weerstand van spier of senuwee
word my lyf die ontmoeting tussen waterstof en suurstof
proe ek water met my hele lyf
word ek een met die kolk en vloei van water
voel hoe al my dorstende selle oplos in
die in-vloed-ryke eenvoud van water

Wednesday, 18 October 2017

ready

my lips rise tumescently 
with pregnant bumps

my mouth so ready for 
the poetry to come gushing forth

my lips begin to move of their own accord
the anticipation is so strong

feel the verbal pulse spread from lip to heart
changing my heart-rate to that of the verse-rate

Sunday, 15 October 2017

son

ek gaan lê in 
die son van jou hart
my oë glinster tevrede 
soos doudruppels

Thursday, 12 October 2017

genoeg rede

die uitmergeling in my rugspiere berispe 
my begeerte tot vervolmaking
tog bly die vervulling in my kop 
die wilskragtigheid van my lyf te prys

hoekom is die lewe so moedswillig?

ons is almal outodidakte 
wat vanuit die tabula rasa en geen ervaring
'n lewe moet bou wat net wil sinmaak

die deskundiges verbeel hulself dat hul iets weet
ek moet hulle nie verkwalik nie
dit help die self-beeld om
jouself tot in kokkedoorskap te verbeel
dit is moes lekker om kamma-kamma te speel
dit is seker beter as al die kwaadwilligheid
en slagting wat uit al die donker krake breek

laat ek nie ophou die wêreld lees deur woord en akkoord
die met oë kan nie verskoning gebruik
dat hulle nie kan sien

werk deur die trauma
haal diep deur die krake en hoesbuie asem
die lig en lug sal deurbreek
die lewe se inherente kapasiteit tot heling
belowe dit

al word die vlerke ouer met elke vlug 
bly nuwe vere groei
genoeg rede om aan te hou vlieg

Wednesday, 11 October 2017

op jag

ek is op jag
gedurig op jag
die vangs is maar klein elke dag
slegs nietige lettergrepe hier en daar
wat in my lokval trap
niks meer

wat sal my digtersmaag versadig kry?
watter kopspeletjies, meditasie, 
marteling,
navorsing, ervaring
sal 'n gedig uit die blanke vlak
laat oprys?

my oë heeltyd gespits
my ore aan die klop
my hart alewig op die uitkyk
my potlood onverpoosd
aan die snuffel
om heerlike geheime soos truffels
uit die papier op te diep

Tuesday, 10 October 2017

we cover it up

we cover it up with civility
and good sentence construction
but by god we are in 
the middle of things falling apart

Sunday, 8 October 2017

as jy berg kan wees

met elke tree boontoe 
laat die berg my hoër en hoër opstyg
buite myself rys ek uit my begrensde wese

word ek 'n stuk van die berg
my voete word gras
my ribbekas word klip
my hande word grond
my asem word die ope lug
en my voorkop word wolke

wie wil mens wees
as jy berg kan wees
vir ewig en ewig
berg
berg
berg

Saturday, 7 October 2017

verbrokkeling

voor die nuus gebreek het
het ek my poppie onder die kombers
tussen my vingers vasgeklem
en elke stukkie troos uit haar wang gevryf

ek het geweet my hart gaan in stukke breek
ek bly klou en klou aan die poppie se lyf
ek soek vashouplek
in hierdie tyd van verbrokkeling

Friday, 6 October 2017

kierang

kierang kierang my duiselig
weet nie of die letters
toor of waarheid praat
wat is siek wat is gesond
wat is warm wat is koud
wat is liefde wat is kwaad
kierang kierang my disnis
slaat my oor my kop
en druk my die drein in
dit is te donker om my pad te vind
ek druk my handpalms styf teen my oë
ah die oombliklike verligting - 
die duisternis skilfer in 
'n swetterjoel sterre

Thursday, 5 October 2017

Poetry next to the railway*

it is the first Wednesday of the month
that means we gather for open mic poetry in
the dusky light of the Steampunk coffee shop
in Lions River, The Midlands of KwaZulu-Natal
familiar and new faces come to read and enjoy poetry

within the tiny interior of the shop
the cold July air seeps into our bones
our hearts grow warmer with each syllable

i read poems by Antjie Krog, Ian McCallum and myself
outside the noisy traffic on the R103 can not stifle the intimacy

here next to the railway poetry is spoken and felt
rippling through throat and teeth
we are all a little nervous as we set off vocalising that first syllable
but by the end of each poem everyone feels
the joining of air and word
a unification of people as varied as the stars

afterwards we huddle around the counter to
dish up Mrs Thokan’s breyani for R30 a plate
and Mike’s coffee is on the house

even if we do not see each other outside this circle of poetry
we do not care for
here
right now
is where our tongues
come alive for
a fleeting eternity

*This poem is published in the Sol Plaatje European Union Poetry Anthology for 2017.