Tuesday 7 November 2017

deur my vel

ek hoef nie 'n gedig te lees 
om dit te verstaan nie

ek asem die digtatorika in deur my vel

geen rasionalisering 
ontleding 
bevraagtekening
of serebrale assimilering

digterlike osmose deur my porieë 

die poësie tref my murg
'n veerkragtigheid skiet
deur my rugstring
en ek word
menser 
mens

No comments:

Post a Comment