Thursday 2 November 2017

spieël





wat is aan die ander kant van die spieël?
sal ek ooit weet wat daar lê?
dit bly saam met my beweeg
die ander ek
die ander jy
wie choreografeer my?
wie orienteër jou?
is daar ‘n jy?
is daar ‘n ek?

dit spieël met ons
speel speel speel
gooi jou beeld vir my
en ek gooi dit terug
vang
moenie laat val nie
vang 
vang
VANG!

spieël
is delikaat
delikate
kaatsings
weerkaatsings
weer
kaatsings
oor en weer terug na jou
terug na my
spieël die lyflyne fyn

moenie verby die lyne van jou
oë beweeg nie

spieël word swaar
swaar
swaar
kan ek nie net ek
wees nie?
‘n alleen ek
sonder die dra van die ander?

draai myself af van die kaatsings
ek wil nie geweer-kaats word nie!

argh, die spieël se spel volg my
sonder passie
sonder jaag
sonder geweld
val sy gesig op myne

spieël word ek
ek word jy
smelt die skelet inmekaar
geen pyn geen stoei
spieël word spieël
spieël kyk in spieël
spieël is kindspeel
gesig
bal
gooi
gryns
lê
lag
droom

glas is fyn beeld
skynbeeld
skyn
skyn
skyn
beeld
blink
blink 
blink
en verblind
blind 
blind

hou my vas 
hou my vas

All photos: Daniele Debellis

No comments:

Post a Comment