Friday, 31 March 2017

scorched

photographer: Keran Ducasse

i have overheated the syllables
the words burnt black
my tongue charred with this red-hot verse
the eagerness was too great
uncontrolled conflagration spread over
the estuary of my jowls
all of me scorched to the core

this incineration forces me 
to sit in black silence
and listen to my smouldering breath move
in and out
in this new 
wordless dawn

Thursday, 30 March 2017

verraderlike breinknopery

skryf verlossing tot in die vierkantigheid van my brein
ek voel die pen-antisipasie tril tot in my voetsole
hierdie skrywerstoewyding is ‘n enigma

ek delibereer of ek die piering moet gebruik vir my koppie
of dit op die vloer laat val
sodat die skerwe soos dolosse 'n metafoor sal spel

wat is hierdie afslowing agter pen en papier werd ?
hierdie alewige gehunker na beeldspraak
om op my tong te pirouette?

die woorde wil soos vrugte
die vaal en plat oppervlak
laat uitrys met weergalose sappigheid

was ek maar ‘n skerpskutter
wat myself kon besighou
met werklike teikens

kan my digkuns soos ‘n spilpunt wees
wat met die druk van ‘n knoppie en rol van die wiel
die dorstige vlaktes van my serebrum natlei

sodra die oesseisoen kom
moet my hande vol sal staan
van die oorvloed

hoekom moet ek eers wag vir die poëtiese spring-gety
om my met oordrewe strome in
die diepkant te stoot?

woorde is uiteindelik maar net
‘n illusie-spel
so ‘n verraderlike breinknopery

ek kou aan die ink-verdriet
en wil-wil begin snik
oor my mond wat struikel om verdienstelike verse te giet

Wednesday, 29 March 2017

i beg of you

i beg of you -  Lemons, Pelargonium, Turmeric, Cinnamon, Iron, Zinc, Propolis and Vita C
who i downed this morning in my throat, please do not disappoint me
it is perhaps overkill, yet i need overkill this morning,
my lungs and rib cage  do not like this feeling
i scream at the top of my voice:
i need overdose, overdo, over-the-top - i have no choice  -
my chest is a battlefield on which a thousand and more trooping coughs
are bombing my breathing department and turning my energy into a thousand sloths
what if mister Cough never lets me win?
argh, i absolutely refuse to be bogged down and phlegmed in!

four years of coughing is four years too long!
Cough, i have changed my diet for you, even singing you a song
my sleep pattern runs according to your whip
what more can i do for you, strip?
you sneak in anywhere you like
would it please you if i pass you the mic?
you who so like to interrupt my every second sentence
you are really starting to annoy me with you raucous presence
you frazzle my chest, dizzy my brain
o you are such a freakin' pain
you have simply overstayed your welcome
it is time to get going now, you cumbersome scum
yes! Cough, get thee gone
before i wring your neck with this song
come on, go now, before  my insides burn
why don't you take a holiday, and never return?
do not hesitate or procrastinate
for if you'll wait,  i will turn into a more unstable state
do not ask me why or how
the time has come for your occupation of my lungs to end NOW! 

Tuesday, 28 March 2017

ontgin

ek bly skryf in die hoop dat
die dinamiet van my pen
een moerse ontploffing
deur die harde kors van die papier sal ontvonk
en die gehawende fondasies van my skrywershand
in stukke sal breek
sodat nuwe wonderwoorde ontgin kan word

Monday, 27 March 2017

my brein swel op

my brein swel op
wanneer ek ‘n goeie gedig skryf
‘n self-ontginde metafoor
stimuleer die selle om
alledaagse normaliteite en beperkinge te oorskry
dit is my obsessie:
om my breinselle uit hulle nate
te laat bars
met die skryf van ‘n gedig in die oortreffende trap

Sunday, 26 March 2017

heuningkoeke

ek begeer gedigte wat soos
songebakte heuningkoeke
uit my mond sal drup

Sunday, 19 March 2017

verlaat / leave

ons bewandel hierdie wêreld vertrouend dat
ons skaduwee's ons nooit sal verlaat nie
maar op een mooi sonligdag verlaat my skadu my
en gaan soek die warm trillende vel van jou op

* * *

we tread this earth trusting that
our shadows will never leave us
but on one beautiful sunlit day my shadow leaves me
and prowls after the warm pulsing skin of you

Saturday, 18 March 2017

swart vlinder

jy is die swart vlinder wat
op my lippe kom land
ek kan skaars asemhaal
met jou fluweel vlerke
wat teatraal my
mond annekseer

Friday, 17 March 2017

verdwaalde skadu-wesens

die verdwaalde skadu-wesens in die dig-geslote vertrek
verlang na die warmte tussen jou bo-bene
smag na die soele gehyg van jou asem
hunker na die bloed wat so vlak onder
die vel in duisende digte takke tril

die skadu-wesens begeer die warm aanraking van jou vel
honger na die driedimensionaliteit van jou kniekoppe
kwyl oor jou polsende borste
en wil weer gevind raak in die donker holtes
van jou lyf

lost shadow creatures

the lost shadow creatures in the tightly shut room
long for the warmth between your legs
sigh after the sultry panting of your breath
desperate for the blood that so close under the skin 
trembles in a thousand dense branches

the shadow creatures desire the warm touch of your skin
hunger after the three-dimensionality of your knee-caps
salivate over your pulsing breasts
and want to be found again in the dark crevices
of your body

Tuesday, 14 March 2017

digtersoog

antjie krog loer uit haar een oog vir my
sy gom my vas met haar kyk
hoe kan so 'n klein digtersoog so baie raaksien?

sy kyk dwarsdeur my
ek moet ander kant toe kyk
of die oog toeplak

sy speel rink-kink met my sinne
ek hou my mond bot-toe in die spel
bang haar oog sien my tong se knoop

Saturday, 11 March 2017

breek

ek begeer om 
te breek 
soos 
porselein

mag die breek nie stil wees
mag die uitmekaarspat alomvattend wees
knallend tot in die einder in en 
verder daar waar die eggos ook in
hulle eie stukke spat

ek is te vas
te heel
te eenstukkig
my nate wil lostrek 
meer lug wil inkom
ek begeer om oop te breek
soos gille wat uit kele skeur
my some wil uitrafel
en al die generasies se pyn en 
onuitgeleefde begeertes uitwoed

my lag my trane wil oopbreek
die lig die donker wil oopbreek
niks wil toe en vasgeklamp wees nie

breek oop lara
splinter in duisende stukke
gee myself oor 
aan die krake en die skeure
die fragmente en die lossighede
die skilfers en die doppe
die spaanders en die skerwe

hoe kan die wêreld kla oor 
die oopbreek van ‘n kreatiewe wese?
hoekom moet die stukke alewig vasgegom 
en reggemaak word?
laat ons 
breek 
en 
die stukke 
val 
waar 
hulle 
wil 
val

Monday, 6 March 2017

wears me thin




photographer: Keran Ducasse
the weight of
good tea party behaviour
presses
me
down

it does not make my life
more agreeable

the accoutrements
and codes of culture
wears me thin

Sunday, 5 March 2017

die ongeskryfde ink

photographer: Keran Ducasse
die ongeskryfde ink word vasgeklem deur my hart
dit wil uit! dit wil uit!
daar is nie woorde waarin dit
vasgevang kan word nie
net ‘n onsamehangende rou geroesemoes van
gille en kakofonie van
gitswart woede oor
die inkerkering in my eie lyf
my eie vel die mees ondeurdringbare hok waarin
ek vasgevang word

al die ongebruikte ink sit vas in my lyf
ink wat so graag in dig vervorm wil word
iewers moet die swart asem uitpeul
my mond die eerste beste uitlaat
ink so swart soos teer en kewers spat uit my keelgat
ek kan dit nie meer inhou
die ongeskryfde ink word een groot vuis vol gal
wat te lank bly gis in my binnenste
dit wil uit! dit wil uit!

Thursday, 2 March 2017

dig die spanning tot in verligting

ek glo vas dat ek binnekort
die beste van my gedigte gaan skryf
my oogwimpers voel dit aan 
daar lê 'n wonder-idee in die skadu's van die beddeken
die flanke van my neus tril soos die van 'n eland 
wat altyd op die uitkyk is vir oorleef

dalk is dit wat my al hierdie nek en rugpyn gee - 
al die ongeskryfde en ongesêde gedigte
wat tussen spier en werwel vasklou

toe, skryf die pyn los
dig die spanning tot in verligting