Sunday 5 March 2017

die ongeskryfde ink

photographer: Keran Elah

die ongeskryfde ink word vasgeklem deur my hart
dit wil uit! dit wil uit!
daar is nie woorde waarin dit
vasgevang kan word nie
net ‘n onsamehangende rou geroesemoes van
gille en kakofonie van
gitswart woede oor
die inkerkering in my eie lyf
my eie vel die mees ondeurdringbare hok waarin
ek vasgevang word

al die ongebruikte ink sit vas in my lyf
ink wat so graag in dig vervorm wil word
iewers moet die swart asem uitpeul
my mond die eerste beste uitlaat
ink so swart soos teer en kewers spat uit my keelgat
ek kan dit nie meer inhou
die ongeskryfde ink word een groot vuis vol gal
wat te lank bly gis in my binnenste
dit wil uit! dit wil uit!

No comments:

Post a Comment