Monday 27 March 2017

my brein swel op

my brein swel op
wanneer ek ‘n goeie gedig skryf
‘n self-ontginde metafoor
stimuleer die selle om
alledaagse normaliteite en beperkinge te oorskry
dit is my obsessie:
om my breinselle uit hulle nate
te laat bars
met die skryf van ‘n gedig in die oortreffende trap

No comments:

Post a Comment