Thursday 2 March 2017

dig die spanning tot in verligting

ek glo vas dat ek binnekort
die beste van my gedigte gaan skryf
my oogwimpers voel dit aan 
daar lê 'n wonder-idee in die skadu's van die beddeken
die flanke van my neus tril soos die van 'n eland 
wat altyd op die uitkyk is vir oorleef

dalk is dit wat my al hierdie nek en rugpyn gee - 
al die ongeskryfde en ongesêde gedigte
wat tussen spier en werwel vasklou

toe, skryf die pyn los
dig die spanning tot in verligting

No comments:

Post a Comment