Wednesday 5 October 2016

Ockie se Hokkie

meeste mense dink 'n lucky strike is diamante opdiep of die lotto wen
maar laat ek julle vandag vertel met my hand styf om my pen
van die lucky strike wat ek gestrike het en wat net hier duskant die Kouga lê
net die vertel daarvan laat my nou sommer meer daarvan wil hê

laat die tromme rol, terwyl ek aankondig met blydskap: dit is Ockie se Hokkie!
inderdaad, sowaar as vet, wrintiewaar, ek jokkie
dit is 'n huisie van hout regop en fier
daar waar die Kouga so draai maak met 'n swier

met Ockie se eige hande is hy getimmer en gebou
om in alle storms, vloede en siklone sy staan te hou
skaars 'n dekade terug het die reënwaters tot sy heupe opgedam
die aanhoor van hierdie Groot Vloed maak my bene sommer lam

al wat rym met Ockie se Hokkie is ek jokkie!

so laat ek julle vertel van die muskeljaatkat wat daar toweragtig in 'n luiperd transformeer
dit is nie wegholverbeelding nie, ek sweer!
en kyk, net daar om die rivier se naaste draai
skinnydip 'n ouma met jubelende gejuig en tieties en arms wat onbegrensd alom swaai

ooo en wat van die jerepicho wat so bo-baas skitter en proe na meer
nog nooit het ons so witwyntjie so vinnig in kele sien afglip
en wat van die paptert waarin ons tonge al kwylend indip?
ja jong, die jollifikasie ken geen keer!

ons sal maar stilbly oor die vis
die vuur het te gou sy moisture geblus
en Meneer Veearts wat in die aand so snork en brul
en elke hoekie in die Hokkie uit sy slaap uit kul - 
oor die snorkery sal ons maar nie verder skinder
dit mag dalk toekomstige besoekers verhinder

nietemin, meeste mense dink 'n lucky strike is diamante opdiep of die lotto wen
maar laat ek julle vandag vertel met my hand styf om my pen
van die lucky strike wat ek gestrike het en wat net hier duskant die Kouga lê
net die vertel daarvan laat my nou sommer meer daarvan wil hê

al wat ek nou oor het om te vra:
jinne Ockie, hoe het jy dit reggekry
dat jou se Hokkie ons harte so verbly?


No comments:

Post a Comment