Saturday 8 October 2016

dood is eenvoudig

dood is eenvoudig
dit kom
glip in die are
knip die draad
en siedaar
lewe geblus

hoe kan die dood so eenvoudig wees?
hoekom aanvaar ons
dit so maklik?

ek weier om
sy stille, slinkse maniere
so doodluiters
te aanvaar

No comments:

Post a Comment