Wednesday 26 October 2016

raakvat

ek het nog nooit so baie objekte 
en papiere en klere onder my vingers 
laat gaan soos in die laaste drie weke nie
ek probeer dat die vel van my vingers 
hulle eie geheue-bank opbou
sodat ek niks van die allerlei wonder-teksture 
in Louis se huis sal vergeet nie
ek wil elke herinnering vir goed raakvat

No comments:

Post a Comment