Wednesday 19 October 2016

lig

ek kyk na foto's van ons ouerhuis
die tuin, honde, plante, blommerangskikkings
ek is verbaas hoeveel 
lig
daar in elke foto is
elke toneel lyk net soveel mooier
as wat ek dit ervaar en onthou het

dan dink ek nou skielik
hoekom sien ons nie meer 
lig 
in die oomblik raak nie?
ons moet minder jaag en sodoende
minder oë toeknip
ons oë oper oopmaak
sodat meer 
lig 
en skoonheid 
in
kan 
stroom

No comments:

Post a Comment