Tuesday 25 October 2016

enige oomblik gaan jy jou verskyning maak

enige oomblik gaan jy 
jou verskyning maak

dit kan net nie wees dat 
jy dood is nie?!

jou huis maak nog te veel sin
vir jou om nou so weg te wees

hoe veel keer kyk ek op na 
die hemele en glo vas jy is daar
en jy sien watter impak jy op 
my gedagtes en hart gehad het
kan sien hoe ek al jou kante
net so veel mis

ek sal enige van jou beneukte buie kies 
bo hierdie verlies
selfs jou stil-stuipe wat ek toe gedink het 
was so erg soos die dood 
sal ek kies in plek van jou dood

No comments:

Post a Comment