Saturday 29 October 2016

oer-dreuning

daar is 'n dreuning
'n oer-dreuning in 
my bewussyn

wanneer my kop nie daar en oral is nie
maar reg hier
diep-gegrond en wakker

dan sien en voel ek
die ganse kwiksilwerende 
swier van bestaan

my bewussyn dreun saam met 
die polserende resonansie
van die woude en oseane

ek verbeel my kleine binne-ritmes 
sinkroniseer vir 'n oomblik met 
die grootse buite ritmes 

my lyf en verstand juig 
in 'n stille vreedsaamheid oor 
hierdie vlietende samevloeiing

 Tsitsikamma, Suid-Kaap

No comments:

Post a Comment