Saturday 1 October 2016

nuwe stem / new voice

photographer: Daniele Debellis
calligrapher: Andrew van der Merwe
nuwe stem

met die vibrasie van hierdie nuwe stem
begolf ek die kuswande 
van die gevestigde digterslande
en slyp ek skerp die snykant van my tonglem

met die sinsasie van tong teen tand
ril die rugstring van my verhemelte tot in die verstand
val ek halsoorkop oor elke sinsnede 
vermallend opsoek na woordelike rede

totdat die kern van my senuwees versinsualiseer 
en geen tongval my sal keer
dat wanneer my stem gaan opstaan
my liggaam en siel agterna sal gaan

new voice

with the vibration of this new voice
i push the waves over the coastlines 
of the established lands of the poets
and sharply whet i the cutting edge of my tongue

with the sensation of tongue against teeth
trembles the spine of my palate right into my mind
i tumble head over heels over every phrase
madly in search of verbal sense

till the core of my nerves sensualize
and no tongue-fall will stop me
so that when my voice will rise
my body and soul will follow

No comments:

Post a Comment