Friday 28 October 2016

digters-sif

ek vat die blou drukkie-klikkie potlood 
wat my ma nou net ingebring het om 
geldsake te bespreek 
en ek balanseer die potlood
tussen my vingers en my kop dwaal af
en luister niks wat my ma sê nie

ek kyk hoe die potlood die spasie inneem
die verhouding tot ander objekte en kleure
wat is die funksionele, filosofiese 
en antropologiese betekenis van 
hierdie potlood in my hand

ek weet my ma en vele ander dink hoegenaamd nie 
so omtrent die beskeie ou potlood nie

my kop flits gedurig in daai denkspasie van digtatorika
elke woord en objek en gevoel gaan deur my digters-sif 
en ek weeg, mymer en bepeins dinge 
in relasie tot die wêreld
tot my sintuie
en ek moet dit in woord omskep

die ordening van al hierdie eksistensie in digterlike sin
gee my kop betekenis vir leef

No comments:

Post a Comment