Wednesday 22 November 2017

onder donker water

die wreedheid van die woord
vang net nie die omvang van die verlies vas nie
laat ek nie die woord blameer -  
die wreedheid van my eie onkunde
maak my lomp deur die wêreld steier
die alewige honger na essensie
laat my beendere lostrek van mekaar
ek is moeg ek is moeg
om elke keer terug te keer 
na hierdie raad-op wees
na hierdie woord-op wees

ek is onder donker water gedompel
ek spartel of hyg nie na lug
gehul in ‘n armsaligheid
wat so swaarmoedig aan
my skeurende gemoedere vasklou
ek kry myself nie beredder van
die teneerdrukking nie

     die mier loop onderdeur
     die lig en skadu’s van die druiwe prieel
     salig onbewus van die groot stuk hartseer
     vasgevang in
     hierdie 
     snikkende
     monoliet van 
     'n mens-lyf 

No comments:

Post a Comment