Thursday 12 October 2017

genoeg rede

die uitmergeling in my rugspiere berispe 
my begeerte tot vervolmaking
tog bly die vervulling in my kop 
die wilskragtigheid van my lyf te prys

hoekom is die lewe so moedswillig?

ons is almal outodidakte 
wat vanuit die tabula rasa en geen ervaring
'n lewe moet bou wat net wil sinmaak

die deskundiges verbeel hulself dat hul iets weet
ek moet hulle nie verkwalik nie
dit help die self-beeld om
jouself tot in kokkedoorskap te verbeel
dit is moes lekker om kamma-kamma te speel
dit is seker beter as al die kwaadwilligheid
en slagting wat uit al die donker krake breek

laat ek nie ophou die wêreld lees deur woord en akkoord
die met oë kan nie verskoning gebruik
dat hulle nie kan sien

werk deur die trauma
haal diep deur die krake en hoesbuie asem
die lig en lug sal deurbreek
die lewe se inherente kapasiteit tot heling
belowe dit

al word die vlerke ouer met elke vlug 
bly nuwe vere groei
genoeg rede om aan te hou vlieg

No comments:

Post a Comment