Wednesday 11 October 2017

op jag

ek is op jag
gedurig op jag
die vangs is maar klein elke dag
slegs nietige lettergrepe hier en daar
wat in my lokval trap
niks meer

wat sal my digtersmaag versadig kry?
watter kopspeletjies, meditasie, 
marteling,
navorsing, ervaring
sal 'n gedig uit die blanke vlak
laat oprys?

my oë heeltyd gespits
my ore aan die klop
my hart alewig op die uitkyk
my potlood onverpoosd
aan die snuffel
om heerlike geheime soos truffels
uit die papier op te diep

No comments:

Post a Comment