Thursday 19 October 2017

ag as my kop brandewyn kon stook

ag as my kop brandewyn kon stook
wat my op so 'n trip kan vat
sodat ek buite myself kan staan
en die plesiere van die nie-ek kan beleef
en dalk moet ek leer om te vervel
dat ek meer gereeld nuwe sensasies met
nuwe porieë kan voel
en ja as ek 'n biblioteek van tonge kon hê
waaruit ek nuwe gesprekke en slim woorde
na willekeur kon kies
en nou wat ek op 'n wens-trip gaan
wens ek kon elke week nuwe oë in my kop plak
dat ek enige verveeldheid met die herhalende horison
kan vervang met nuwe in-sig-te
en wat van ander tande wat nie
heeltyd my naels wil afbyt nie
en 'n ander kop met minder praatjies wat 
my altyd anderste wil oortuig

No comments:

Post a Comment