Sunday 1 October 2017

om met die berg op te klim

met elke spier wat trek en span
om met die berg op te klim
juig die hart
hoe heerlik die lug in die drakensberge
hoe verruklik die vlietende vryheid
wat in jou kieste opborrel
geen gejaag geen skaamte
geen huiwer geen angs
geen opinie geen irritasie
alom net lente-groen hange waaroor
ek my bene in totale oorgawe kan laat rol

No comments:

Post a Comment