Saturday 30 September 2017

die welgeluksalige gedig

die welgeluksalige gedig hurk 
vol deernis voor die digter se
newelagtige baarmoeder

is dit in hierdie wentelbaan
of 'n ander waar die onsegbare
proe soos manna en dou op die tong?

die verniksing van die dood
laat die taalvegters en 
narcissiste stom staan

die diverse navorsing laat 
geen meer plek 
vir die verbeelding

die gedigte moet maar 
in eie hulle eie protesoptogte 
marsjeer

'n fraksie van 'n lettergreep
sal my besete kop suiwer
daar is nie tyd vir oordadige metafore

of dit nou 
inheems of uitheems is 
maak nie saak

ons almal staan met honger longe
wat meer en meer 
in versugting verval

No comments:

Post a Comment