Monday 11 September 2017

Slaap

Slaap jou soete ding
vergewe my dat ek 
nie myself 
in totale oorgawe 
aan jou gee nie

ek huil omdat ek 
my geliefde Slaap so afskeep

my hart breek
hoe sal ek dit ooit
opmaak met jou my beminde Slaap?
wat kan ek doen om jou te oortuig
dat jy nog so 'n belangrike rol 
in my lewe speel?

asseblief Slaap, ek smeek jou
moenie weghardloop van my!

ek het jou nog so lief
ek wil nog al my jare
met jou deurbring
tot die Dood ons skei

Slaap, jy het dit seker al baie gehoor
maar ek belowe
dat ek meer tyd vir jou sal maak

No comments:

Post a Comment