Tuesday 5 September 2017

rok

ek vat die tweetalige woordeboek
pluk die blaaie los
en maak vir my ‘n tweetalige rok
die verskillende pante kram ek aan mekaar
en voilà!
ek trek dit aan oor my gretige kop en arms
ek draai en tol uitbundig
totdat ek neerval in totale dronkenskap
en die volgende oggend dommel in
‘n wasige babel-aas

No comments:

Post a Comment