Saturday 16 September 2017

die winde daar buite

die winde daar buite krap 
my gemoed holderstebolder
vir hoeveel dae woed 
hierdie winde nou al?
die lug is dynserig van rook en stof

ek bly eerder in die huis
ek is in so 'n spektrale bui
dat as ek dit enigsins 
daar buite gaan waag
ek in 
een 
enkele 
soutkorrel
gaan verander


No comments:

Post a Comment