Wednesday 25 October 2017

sy het nie altyd iets om te sê nie

as poësie eers haar lêplek
binne jou kom vind het
moet jy haar met veel beminning koester
moenie bekommer as sy
vir lank stil lê
onthou poësie hou ook 
van slaap
en woordloos wees
sy het nie altyd iets om te sê nie
sodra jy 
drukkende 
verwagting 
op haar plaas
dan los sy op
soos 
doudruppels 
in 
die 
son

No comments:

Post a Comment