Wednesday 27 July 2011

in die woorde van 'n ander

Francois le Roux, musikant, skrywer, globale reisiger en Groot Inspirasie,
wie my al 7 jaar lank ken en met wie ek al vele kreatiewe en
emosionele paaie gestap het, skryf die volgende aan my:

jy waag so sterk
om met woord en tong
by die rouwees van mensheid te kom
sonder die souslaag van ‘n god
wat als van bo-af verplot

jy waag om naak jou wese te bewoord:
dat dit jou eie sap is wat in jou are stoot
om die waarheid te sê:
dit is jy wat jouself vergod:
die wees van self is goddelik

dit is jy wat jouself vorm uit die klei van die stof
van die aarde wat modder is
dit is jy wat jouself WIL.

en dit is hier waar beide godsdiens en wetenskap nog terugdeins
nie een wil terugkruip binne die vel
nie een wil erken
dat daar die EK is wat ook tel
die EK wat speel deur al die eeue heen
die EK wat lê in elke ding
selfs die klip
en die bok wat spring
die voël wat sing en die blaar wat verkleur

binne elk lê die EK wat wil
en vorm en skeur
en wat telkens nader aan ‘n Self wil beur

godsdiens spring daarbuite oor
wil alles deur ‘n god se bril laat boor
verplaas die Wil na Bo.

en die wetenskap?
dit wil die Wil ook nie erken
en skuif dit oor na wette en toevalligheid
alles buite ons
buite ons
buite ons

en hier kom jy
en klim uit die aarde uit en sê:
dis Ek, mense, dit is Ek wat myself vorm
wat voel
wat beweeg
wat die toekoms wil.

dis ek wat my evolusie stuur
OOK ek, ja, ek word ook GEvorm
maar in die middel staan ek

en geen godsdienstelike of wetenskaplike
kan daarom die antwoord bied
vir waarom
lewe
is

met jou dans
en met jou forse waag
bring jy dit na ons:
dat lewe is
omdat dit WIL WEES.

No comments:

Post a Comment