Tuesday 9 June 2015

knak

ek maak die kasdeur oop
en sonder om ‘n woord te sê
bestudeer ek die skarniere
en kalkuleer
dat wanneer hierdie woedebui van my
ordentlik sy piek bereik het
hoe om hierdie deur te benader
sodat ek die ding met een slag
reg van sy skarniere kan af
                                        knak

2 comments:

  1. Replies
    1. Hallo Gert,

      Dankie vir jou boodksap!

      Ek het al gepubliseer - in New Contrast en in die ECCA poets se jaarlikse uitgawe.

      Ek het nog nie my eie digbundel uitgebring nie. Dit is die plan. Ek het so baie gedigte wat wonderlik sal werk in so solo-bundel.

      Die grootste werk is die soeke na publiseerders. Jy enige idee's?

      Groete,
      Lara

      Delete