Wednesday 17 June 2015

dit is daai drang

dit is daai drang
daai dryf
wat jou kiewe laat bol
en jou verewig maak kwyl
van die verruklike versoeking
om sillabes en verse
tussen tand en tong te byt
jy sal nooit tevrede wees met
net een helping
jy soek altyd meer en
meer 
jy sal geen versadiging ken
die honger sal bly
die jag sal nooit rus

No comments:

Post a Comment