Tuesday 21 February 2017

vuur-mond

die lig van hierdie gedig gloei warm op my gesig
ek murmureer die woorde saggies soos
wat hulle onder my tong uitkruip
en voel-voel aan my tande en verhemelte
my mond is ‘n vuur-nes waarin ek die metafore gooi
om die verse lekker aan die brand te kry
die vlamme lek aan die wande van die grot
en skielik sien ek vervloë verhale geëts in oker
my mond brand met soveel geskiedenis
wat in die sagte suising van die skemer
verhaal wil word
my tong loop deur donker groen woude
en wil nie haar vashou verloor aan
die oer-gevoel waarin sy so tuis is 

No comments:

Post a Comment