Friday 24 October 2014

klou en wag


ek lê in die bed met 
‘n pen vasgeklem in my hand
en ‘n papier gekrater onder my elmboog
wagtend dat my drome heel moontlik
die pen sal vat en
die nag se poësie sal 
neerskryf in die hoop dat
die griffels die weg sal wys
en die rigting sal skryf binne-in
die stuk wit wat die kaart 
van my kreatiewe lewe sal uitlê

miskien
sal die swart rots
blink
in die reën en son
en tekens
sal die toekoms
helder in my oë
flikker

ek het geen probleem om te wag

pen in hand

‘n stille krag

No comments:

Post a Comment